Thursday, September 15, 2011

Die familievroue kuier – deel 5 - “Uitgevang”

Een van die "lekker" dinge by die reunie was die "lekker-goed-kas" waar jy kon proe en skep :-). Glo my hier was 'n klomp gereelde besoekers en ek praat nie nou van die kleintjies nie. En die verskonings wat gebruik is, soos oa "dis vir my man by die huis" ...... ek wonder of die mans wel die sakkie lekkergoed gekry het. Een spesifieke groep was heerlike fotoneem materiaal ~ kyk net bietjie hier :-).


DSC_0195


Hier word baie ernstig besluit op watter lekkergoed ingeskep moet word.


DSC_0196


O die keuses ne Maxie ...


DSC_0197


Uitgevang, maar dis nie vir my nie se RonelLe.


DSC_0198


Miskien moet ons net 'n klein bietjie meer inskep


. DSC_0199


Kom ons maak asof ons nie die kamera sien nie.


DSC_0200


Dis nie so maklik nie want die kamera kan sien hoeveel ons inskep.


DSC_0201


Sit nou daai kamera neer dat ons kan verder skep ....


DSC_0202


O 'n kamera en ons word afgeneem!!!! Ek het dit nie geweet nie :-)


Hierdie foto's is in die volgorde geneem en die ander kan bly wees hulle is nie op heterdaad betrap nie ..... of is hulle?


Dankie Rene, die lekkers het vir groot pret gesorg, tydens en agterna by die huis.

4 comments:

Rene said...

Sandra ek wonder nou net het Ronelle heeldag daar gestaan dat die kamera haar vang of ....

Sandra said...

Natuurlik, jy kan mos sien sy is baie bewus van die kamera :-)

Ronelle said...

Ha Ha Sandra, daai lekkergoed hoekie van Rene het my weer soos 'n kind laat voel - en geen kamera sou my daar wegkry nie!!

Michelle Hussey said...

Nothing creates an inviting atmosphere quite like a Gazco Stove Fires. The centrepiece of any home, a it adds warmth and character to a room or living space Buy Online: 0116 274 4059 http://goo.gl/HGs43J