Monday, December 26, 2011

Verjaarsdae 26 Desember - 1 Januarie

Ek hoop dat julle almal 'n baie Geseende Christusfees saam met julle familie en vriende gehad het. Net so na Kersfees het ons 'n paar verjaarsdae.


FANIE GERMISHUYS


op die 26 ste


**********


MEGAN WUISTER


saam met


TYRA VILJOEN

(Tyra word 13 en gaan Hoerskool toe. Haar mamma Michelle se hulle is baie trots op haar. Tyra is die agterkleindogter van oom Dan en tannie Daphne - dankie vir die foto Michelle)


op die 28 ste


**********


TRISTAN CALLAGHAN


op die 30 ste


**********


LINDI KROUWKAM


saam met


TIAAN SMIT


op die 31 ste


**********


JOHAN CAMPBELL


op die 1ste


Ons hoop dit is sommer 'n wonderlike verjaarsdag


en dat die nuwe jaar net vreugde inhou

Friday, December 23, 2011

So onthou ek Kersfees - tannie Ruth

Kersfees tyd was altyd Christusfees in ons huis waar ons almal bymekaar gekom het en kersliedere gesing het, die geskenke wat in 'n kussingsloop by ons bed was en die opgewondenheid oor die geskenke oopmaak om te kyk wat elkeen gekry het.


Ouma het die heerlikste kersmaal gekook, ek kan nog onthou hoe oupa die sakkie aartappels geskil het, die pampoen (dan sny hy vir ons mannetjies uit die pampoenskille), groenbone het hy gekerf en dit was altyd die dag voor die tyd gemaak. Daar was altyd 3 soorte vleise. Ouma het elke Kersfees Xmas-doekpoeding gemaak - sy het dan handvol tiekies daar ingegooi en ons as kinders het nie aan daai poeding geeet voor ons nie gekyk het hoeveel tiekies ons gekry het nie.


Elke kind van klein tot groot het nuwe klere gekry, dan vat ons die pad (vir julle wat weet ons het dit die square genoem) so het ons daar bymekaar gekom en al die bure se kinders en met ons prams en poppe geloop. Kerk het natuurlik 'n groot rol in ons lewe gespeel en soos ons tieners geword het, het ons ou Kersaand saam met die kerk met lorries gery en kersliedere by oue tehuise en ander huise gesing. Ons het kerse gehad en by 'n lamppaal onder die lig gestaan en sing. Dis sulke mooi herinneringe.




So onthou ek Kersfees ~ tannie Omie

Ag julle sal ons kersfees asa kind ooit vergeet ....


Ouma en oupa het altyd getrou middernag-diens toe gegaan en Radio 1 was altyd in daardie aand aan, altyd met die mooiste kersliedere! Ons het so 'n skeeloog huishulp gehad (ek was altyd so effens skrikkerig vir haar as Stille Nag Heilige Nag oor die radio opklink, alles so stil om ons en ek in daardie skeelogie vaskyk (onthou ek was maar so 6-7 jaartjies oud). Maar eintlik was sy dierbaar en het 'n ogie oor ons gehou tot ouma hul tuis kom .... kersliedere en skeeloog Katrina bly tot vandag toe nog vir my sinoniem ...



As ons mamma en pappa na twaalfuur instap by daardie voordeur, dan begin ons opgewondenheid - al die kinders - skarrel vir kussingsloop om bokant ons bed te hang vir Kersvader om ons presente in te sit. Dan gaan slaap ons en ek onthou so goed ek en tannie Ruth het op dubbelbed geslaap. Ons was elke uur wakker om te voel of ons presente al in die sloop is .... ons oe was toe (was te bang om ons oe oop te maak en dalk vir Kersvader in lewende lywe te sien). Ons het altyd die mooiste mooiste geskenke gekry ... pragtige speelgoed...nuwe rokkies....strikke in die spierwit haartjies ....seuns altyd net so spoggerig met hul kersfees-outfits en speelgoed in hand. Dan word daar in die buurt rondgeloop om te gaan spog met al ons presente en ons maatjies deel weer met ons wat hul dan ook van Kersvader gekry het.



Twaalfuur die middag sit ons aan vir 'n feesmaal ... oupa sny die boud, hoender, varkvleis en ouma skep op ... en so kan ek aangaan ... MOMENTS TO REMEMBER AND WILL NEVER BE FOROTTEN ...



Ander sussies en boeta Henry seker ook nog staaltjies om te vertel, hierdie is maar van die dingetjies wat my bygebly het gedurende my kinderjare!!!



Mooi geseende Kersfees vir julle almal. God Bless!!!




Thursday, December 22, 2011

Kersfeeswense van die Holloways

Fees van die lig. Fees van die lewe. Kersfeesvreugde!






As daar nou een blye boodskap is, is dit die koms van ons Koning! Die engele het daarvan gesing en die herders het daarvan getuig, Jesus is die blye boodskap, die Lig wat gekom het!






Mag elkeen van julle hierdie Kersseisoen ook getuies wees van die enigste ware vreugde omdat ons in Sy lig lewe.






'n Geseende Christusfees vir elkeen van julle!



Liefde



Eddie, Sandra, James, Leane, William en Nelmari





Wednesday, December 21, 2011

Kersfeeswense van die Du Toits (Durbanville)

'n Baie Geseënde Kersfees aan al ons familie!!

Mag Ons Hemelse Vader julle Kerskouse vul met baie liefde, vrede, vreugde, genade, gesondheid, seën en die omgee van kosbare familie en vriende.

Almal wat weggaan met vakansie, veilig reis en lekker rus.

Liefde, Hennik & Ronelle



Tuesday, December 20, 2011

Kersfeeswense van Pieter Viljoen en gesin




Ek & Karini wens graag al ons familie-lede `n geseëntyd & verykkende Kerstyd.




Ek verbuig graag die ene ‘Swift’ se woorde van “May you live all the days of your life.”


na


‘ May you live a purpose driven life, all the days of your life’.




Ons is oor die Kerstyd maar meesal in die Paarl en as daar Tantes & Ooms & neefs of Niggies (bekend & onbekend) wil kom gesigwys,


is jul almal baie welkom !




Groete, Pieter & Karini

Monday, December 19, 2011

Verjaarsdae 19 - 25 Desember

Die week waarin ons ook ons Verlosser se Verjaarsdag vier!!

ZET VILJOEN


op die


19 de


**********



MARIAAN VILJOEN



saam met



WILLA ROSSOUW


en


TERTIA DREYER


op die


25 ste



BAIE GELUK JULLE!


HOOP DIS 'N WONDERLIKE DAG


EN


GESEENDE NUWE LEWENSJAAR VIR JULLE

Sunday, December 18, 2011

Kersfeeswense van die Pienaar gesin

16_FUSION_PHOTOGRAPHY-11



Nog ‘n jaar verby …..



Nou’s dit tyd vir stil raak, ontspan, uitspan en dankie se ….



Dankie Here vir U guns en genade in ons lewens gedurende 2011!!!!



Mag elkeen van julle die Feestyd saam met julle geliefdes geniet



En mag julle in 2012 uit julle sokkies geseen word!!



Baie liefde



Juan, Chantal, Carlu en Franco






Saturday, December 17, 2011

Kersfeeswense van die Fullex gesin




ƸӜƷ*¨`*•. ★¸.•°*”˜ƸӜƷ˜”*°•.ღ★¸.•°*”˜˜”ƸӜƷ



Geseende Kersfees en 'n baie voorspoedige nuwe jaar aan die hele familie.



Mag al jul drome bewaarheid word en mag ons almal gesond en geseend wees in 2012.



Met al ons liefde



John & Linda (Fullex)




Friday, December 16, 2011

Kersfeeswense van die Smitte

Aan al my familie wil ek net 'n spesiale kersboodskap stuur.



Mag jul almal 'n geseende Kersfees en 'n Baie Voorspoedige Nuwe Jaar hê


vol vreuge, vrede en genade.




Lief jul almal.




Rene , Chris, Anja, Leana en Tiaan xxxxx

Kersfeeswense van die Oosthuizen

Maya Xmas wish

(Maya se boodskappie)


Liewe familie

Hoop jul almal beleef 'n vreugdevolle Kerstyd en is net so dankbaar soos ons vir Sy goedheid gedurende 2011.


Stella 40th 030

Geniet die vakansie (ons bly in Ro-main-here) en sien uit daarna om almal weer hopenlik in Januarie te sien.

Baie liefde


Maxie, Diekie en gesin





Thursday, December 15, 2011

Kersfeeswense van oom Henry en gesin

Henry en Beatie wil net graag aan ALMAL in die familie


n Geseende kersfees en n pragtige nuwe jaar toewens.


Wens ons kon vir elkeen n drukkie en geskenkie gee


maar weet net dat ons lief is vir julle almal!


Baie liefde


Kersfeeswense van ons "oudste" familielid

Geseende Kerfees en 'n ware Christusfees uit die mooiste Kaap aan al die Viljoens en hul nasate wat oor die hele aarbol versprei is.


Dankie Santjie (ouma het jou altyd so genoem) vir al die reunies wat jy reel. Met die volgende bymekaarkom wil ek Tannie Reta van Kroonstad (vir die wat dit nie reeds weet nie dit is nou oupa se suster Aunt Maria se dogter) ook laat weet want ek weet sy sal ook graag almal weer wou sien.


Seen aan al die Viljoene en die aangetroudes en hul kinders vir die onbekende 2012. Vreugde,voorspoed en goeie gesondheid word jul toegebid.


Liefde

Tannie Babsie

Wednesday, December 14, 2011

Kersfeeswense van die Heyns familie

N BAIE GESEENDE CHRISTUSFEES AAN AL ONS FAMILIE.

MAG DIT REGTIG N DAG WEES WAAROP ONS TERUGDINK AAN AL DIE GOEIE TYE IN ONS FAMILIE EN


MAG 2012 NET VOORSPOED EN VREUGDE INHOU.


BAIE LIEFDE ANDRE KARIN EN WIAAN HEYNS (HENRY EN BEATIE SE KINDERS)




Tuesday, December 13, 2011

Kersfeeswense van die Oberholzers

Hierdie is n wonderlike tyd van die jaar, waar almal vir almal geskenke wil koop. Dit is so jammer dat so baie mense eintlik vergeet waaroor dit regtig gaan... Dat God vir ons die GROOTSTE geskenk van alle tye gegee het


Ons moet mekaar herinner aan die wonderlike liefde wat ons Vader en Here aan ons ge-openbaar het toe Hy Jesus vir ons gegee het, sodat ons vir altyd aan Hom kan behoort.


Mag almal n wonderlike tyd saam met hul familie en geliefdes he, GESEENDE KERSFEES!


Sarel, Christelle en Michael


Monday, December 12, 2011

Verjaarsdae 12 - 18 Desember



Net so kort voor Kersfees is daar 'n paar wat verjaar:

RUAN HAMMAN

op die

13 de

**********

JUAN PIENAAR

saam met

SOUNEKE BASSON




op die

18 de

**********

BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAE

MAG DIT 'N WONDERLIKE BEDERFDAG WEES

Sunday, December 11, 2011

Kersfeeswense van die Van Niekerks

EK WIL VAN HIERDIE GELEENTEID GEBRUIK MAAK OM AAN AL MY DIERBARE FAMILIE n GESEENDE KERSFEES TOE TE WENS


EK BID DAT DAAR BAIE BLINK KLOKKE VIR JUL SAL LUI MET GOEIE TYDING EN VOORSPOED VIR 2012


EN DAT JUL IN DIE FEESGETY GOD SE LIEFDE SAL ERVAAR


DAT DIE ENGELE JUL SAL BESKERM EN BOODSKAPPE VAN VREDE EN LIEFDE SAL BRING


LIEF JUL ALMAL


NAOMI EN KINDERS

Saturday, December 10, 2011

Kersfeeswense van die Du Toit (Robertson)



Baie seën, vreugde, liefde en voorspoed vir 2012



aan al Ouma Kitty se nakomelinge



en 'n baie spesiale Christusfees...



Robertson-groete van Estelle, Johan en seuns





Friday, December 9, 2011

Kersfeeswense van die Hammans

Kersfees is vir ons almal familietyd en tyd vir moeite maak met mekaar. Almal is dol oor die kersliggies en kersversierings wat so kenmerkend van Kersfees is. Dis mos asof tot die lug in die tyd, vol van die "gees" van Kersfees is.


Meer as enigiets anders dink ons aan "ons grootste Kersgeskenk" JESUS CHRISTUS!!


Mag elkeen van julle in hierdie feestyd die nabyheid van familie en vriende ervaar, maar nog meer die nabyheid van die Jesuskind.


Baie liefde


Jaco, Marie, Jaco (jnr) & Ruan Hamman






Thursday, December 8, 2011

Kersfeeswense van die Campbells

HIERMEE WIL ONS AL DIE FAMILIE EN VRIENDE 'N GESEENDE KERSFEES
EN 'N BAIE VOORSPOEDIGE NUWEJAAR TOEWENS.



MAG DIE KERSBOODSKAP ONS HOOP VIR VANDAG WEES EN SY
LIEFDE ONS LIG VIR ELKEDAG!!!



MAG JUL HARTE ALTYD GEVUL WEES MET
DIE MOOISTE GEDAGTES VAN VREDE EN LIEFDE.



AAN ALMAL WAT WEGGAAN MET VAKANSIE EN VERJAAR
ONS BEDE IS MET JUL!!!!



REIS VEILIG EN GENIET DIE CHRISTUSFEES.



BAIE LIEFDE , THOMAS EN RUTH

Monday, December 5, 2011

Verjaarsdae 5 - 11 Desember

Hierdie week is propvol verjaarsdae:



MADRE PETERSEN




op die




6 de




**********




ANJA SMIT




saam met




FRANCOIS VILJOEN



op die




7 de




**********




DIEKIE OOSTUIZEN




saam met




CHRISTA VERMEULEN




op die




9 de




**********




AMANDA CALLAGHAN



saam met




GP VAN NIEKERK




op die 10 de






Baie geluk met julle verjaarsdae




Hoop dis 'n baie spesiale dag




en wonderlike nuwe jaar

Monday, November 28, 2011

Verjaarsdae 28 Nov - 4 Des

Die laaste maand van die jaar 2011 en ons verjaarsdagwense gaan aan:



ILSE GEYSER


op die




1ste






**********


JANA VAN ZYL


WORD EEN JAAR OUD


op die 2 de






BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAE


MAG DIT 'N WONDERLIKE DAG EN NUWE LEWENSJAAR WEES

Monday, November 21, 2011

Verjaarsdae 21 - 27 November

Ek's so 'n bietjie laat hierdie week, maar die internet gee my bietjie harde tyd. D


Ons verjaarsdae hierdie week is:

EDDIE HOLLOWAY


op die


22 ste


**********


BENITHA DE GOUVEIA


op die


25 ste


**********


LEANA SMIT


op die


27 ste


BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAG


EK HOOP DIS SOMMER 'N WONDERLIKE DAG


PROPVOL BEDERF!

Wednesday, November 16, 2011

Lekker eenjaar oud partytjie

Klein Franco het hierdie maand 'n hele EEN JAAR OUD geword en mamma Chantel laat weet dat die kleintjies baie opgewonde oor die partytjie was.


Sy het self die koek gebakvir die verjaarsdag. (Jy's oulik hoor!) Ouboet Carlu moes help om die kersie dood te blaas! Ons kan sien dit was sommer 'n lekker partytjie Franco! Dankie vir die deel van die foto's Chantel. Jou twee seuns is pragtig!

Tuesday, November 15, 2011

Lekker vier jaar oud geword!

Vroeer die maand het Kristen Stemmet 'n hele vier jaar oud geword, en haar tannie Celeste het die foto gestuur.


Dit lyk asof dit sommer 'n heerlike partytjie was! (Dankie vir die foto Celeste ons het lank laas een van Kristen gehad!)

Monday, November 14, 2011

Verjaarsdae 14 - 20 November

Terug in die woestyn en hierdie week se verjaarsdae is:


RICUS OOSTHUIZEN


op die 14 de


**********


PAULINE PREUSS


op die 15 de


**********


JACO KROUWKAMP


op die 19de


**********


SCHALK VILJOEN


op die 20ste


**********


BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAG


HOOP DIS 'N BESONDERSE DAG VAN BEDERF


EN 'N JAAR PROPVOL BLESSINGS!

Monday, November 7, 2011

Verjaarsdae 7 - 13 November

Terug in Suid-Afrika en vir 'n paar laaste takies in Johannesburg voordat ek Woensdag terugvlieg Abu Dhabi toe.

Ons "verjaarsdagmaatjies" hierdie week is:



WILLEM-HENDRIK DU TOIT


op die 8 ste


en


PETER DE KOCK



op die 10 de


HOOP DIS 'N GESEENDE DAG EN JAAR VIR JULLE


BAIE GELUK!

Monday, October 31, 2011

Verjaarsdae 31 Oktober - 6 November

Heerlik die afgelope naweek in die Ethosha natuurreservaat gekuier vir so'n kort breuk na 'n propvol werk week. (Al die stories sal op my persoonlike blog kom)


Ons verjaarsdagmense hierdie week is:


RENIER NEETHLING

op die


2 de


**********


CHRISTIAAN DU TOIT


op die


3 de


**********


KRISTEN STEMMET


op die


5 de


***********


BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAG


MAG DIT 'N WONDERLIKE DAG EN JAAR VIR JULLE WEES!

Monday, October 24, 2011

Verjaarsdae 24 - 30 Oktober

Groete vanuit Outjo in Namibia! Hierdie week se verjaarsdae is:


MAYA ROY

op die 24 ste


**********


GP VAN NIEKERK


saam met


THOMAS CAMPBELL


en


LIZA BURDEN


op die 25ste


**********


DIEGO DE GOUVEIA


op die 26 ste



BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAG


HOOP DIT WAS 'N HEERLIKE DAG VAN LEKKER BEDERF

Monday, October 17, 2011

Verjaarsdae 17 - 23 Oktober

Hierdie week se ons baie geluk aan:


TUNIN ROY


op die


19 de


**********

CLAUDIA FREEMAN


en


REUBEN GROBLER


op die


20 ste



EN


WIAAN HEYNS


op die


23 ste


Ek hoop dis 'n wonderlike dag en


Geseende Nuwe lewensjaar vir julle!

Monday, October 10, 2011

Verjaarsdae 10 - 16 Oktober

Ons verjaarsdag maatjies hierdie week is:



MARITZELLE GEYSER


WAT 3 WORD


OP DIE


10 de


***************


HECELE CAMPBELL


OP DIE


15 de


en


MAXIE OOSTHUIZEN


OP DIE


16 de


HOOP DIS 'N WONDERLIKE DAG EN WONDERLIKE NUWE JAAR!

Friday, October 7, 2011

Spog prestasie

Daar kom tye wat mens verby jou eie voorkeure moet kyk .... en hierdie is een vir my. Ek hou van die Blou Bulle niks! Maar binnekort sal ek met ander oe na hulle wedstryde kyk want ...................


Page3


Tertia en Andre se seun Viljoen (Dreyer) was nie net gekies vir die Cravenweek vanjaar nie, hy's ook gekies vir die Cravenweek 7's en die Blou bulle het hom genader en 'n kontrak aangebied. Hulle kan nie rugby speel nie, maar moet toegee hulle het goeie smaak :-)!


Hy sal eers na matriek by hulle aansluit, maar tot dan sal hulle mooi na hom kyk mbt sakgeld, gym, medies ens.


Viljoen ons is net so trots op jou soos jou ouers en sussies!! Dis jammer dis nie die WP nie, maar dan weet ons mos ook die bulle koop al WP se beste spelers :-).


Baie baie geluk!!!

Wednesday, October 5, 2011

Troue in die familie

Dis altyd so lekker om 'n beriggie met foto's te ontvang. En as dit boonop 'n troue is, is dit ekstra lekker.



Page4



20 Augustus was dit die groot dag van Mark Campbell (tannie Ruth en oom Thomas se seun) en Hecele (nee Prins). Hulle het in die NG Kerk Agter Paarl getrou.



Page5



Die bruid en bruidegom het pragtig gelyk!



Page1_0



Hier is 'n paar foto'tjies van van die gaste wat julle ken en Hercele saam met haar pa en suster Maritsa.



Page2



Nog 'n paar van 'n "ma-speach" (ek wonder wat sy gese het), TJ saam met sy ouma en oupa, tannie Ruth en Hercele se ma en die paartjie met Mark se ouers.



Page1



Die onthaal was by die Nelson's creek in die Paarl gehou. Pragtige foto's julle!



Ons wens vir Mark en Hecele net die beste toe!

Monday, October 3, 2011

Verjaarsdae 3 - 9 Oktober

Hierdie is 'n baie stil week wat verjaarsdae betref en ons het net een verjaarsdag.



BAIE GELUK

SCHALK VILJOEN

op die

6 de



LEKKER VANJAAR EN NET DIE

MOOISTE WENSE VIR DIE NUWE LEWENSJAAR

Tuesday, September 27, 2011

Die familievroue kuier – deel 10 “laaste kuier voor kamera”

En so raak ons foto-storie van die vroue reunie ook nou klaar. AI wie sal nog stories van ander familie-aktiwiteite stuur?


Oor 'n daggie sal ek foto's van Mark se troue opsit en natuurlik nog 'n storie van tannies met die ipad :-), maar julle ander moet ook bietjie help en laat weet wat daar in julle families gebeur. Ek weet Tertia het 'n groot spog, maar sonder foto's en die storie kan ons niks opsit nie ~ so kom aan ek wag!! Nuwe foto's van kleinkinders is ook welkom, daar is so baie van hulle (dis nou kleinkinders en ek's seker foto's ook).


So vir oulaas is daar groep(ie) foto's geneem en hier is 'n paar.


DSC_0220


Hulle staan sowaar stil met niks eetgoed in hulle hande nie ...


DSC_0293


Tannie Beatie met haar dogters Karin en Christelle.


DSC_0297


En met haar peetdogter Benitha.


DSC_0299


Tannie Joy en haar twee dogters Christa en Celeste.


DSC_0304


Tannie Omie en haar peetdogter Amanda (Jinne ons twee het nooit 'n foto laat neem nie.


DSC_0311


Zet en haar twee dogters Amanda en Benitha.


DSC_0316


Drie geslagte - tannie Ruth met haar dogter Ronelle en kleindogter Anneke.


DSC_0324


Tannie Bokkie met haar dogter Chantelle en kleinseun Franco.


DSC_0320


'n Hele bondel van hulle :-).


Dankie julle dit was baie lekker en ons maak gou-gou weer so.