Monday, September 24, 2012

Verjaarsdae 24 - 30 September

Hierdie week is ons verjaarsdae:

HANNAH PREUSS
 
en
 
MONIQUE NEETHLING
beide op die
 
30 ste
 
 
Baie geluk julle twee.  Hoop dat die jaar geseend sal wees en
 
die dag een groot bederf!
 

Monday, September 17, 2012

Verjaarsdae 17 - 23 September

Na verlede week van geen verjaarsdae nie, is daar darem eentje wat hierdie week verjaar.

Baie geluk met jou verjaarsdag 

hierdie week

WERNER VAN ZYL

op die 21 ste

Hoop dis 'n wonderlike dag

en jaar vir jou!

Tuesday, September 11, 2012

Die lief en leed van die huismark

Christelle skryf dat die huismark verlede naweek goed verloop het.  'n Groot dankie vir al die tannies, niggies, kleinniggies en agter kleinniggies wat kom kuier het.

Spesiale dankie vir Amanda en Benitha wat as hoof-shoppers uitgesonder moet word.  (Sou dit 'n familie geen wees?)


Sy wil egter simpatie met Ursula en Tracey betuig wat al hulle dae met "daai ouma" gehad het.  Die kindertjies is/was baie soet, maar soos op die foto gesien, is dit baie duidelik wie die probleem-kind is. 


Thursday, September 6, 2012

Huismark eerskomende Saterdag

Ek het die volgende briefie van Christelle gekry oor hul "Huismark" eerskomende Saterdag.



Ons hou die 8ste September 'n huismark hier by ons huis met mooi
geskenke, juwele, kinderklere, kinderspeelgoed en nog vele meer.  Kom
loer asseblief in en nooi julle vriende!!  Dit beloof om 'n lekker kuier
te wees.....

Waar : Omegastraat 3, Kuilsrivier
Wanneer : Saterdag, 8 September 2012
Tyd : 10:00 tot 14:00

Hoop om jou daar te sien!

Christelle

Kom ons gaan ondersteun 'n bietjie .... en kry boonop kans om geskenkies te koop en lekker te kuier.

Monday, September 3, 2012

Verjaarsdae 3 - 9 September

Baie geluk hierdie week aan:

LEON MARITZ

op die 3 de

**********

STEPHAN GERMISHUYS

op die 4 de

**********

PIETER STEMMET

saam met

ANGELIQUE PREUSS

op die 7 de

Hoop dit gaan sommer 'n groot bederfdag

en wonderlike nuwe lewensjaar wees!