Monday, December 27, 2010

Verjaarsdae 27 tot 2 Januarie

Ek vertrou dat julle almal 'n wonderlike geseende Kersfees saam met julle familie en geliefdes gehad het. As daar enige mooi foto's van hierdie tyd is, en ek glo julle sou die spesiale tye op 'n foto wou verewig, deel dit bietjie met ons.
Ek hoop dat na al die kersgeskenke julle ook onthou het om vir die volgende verjaarsdagmense te koop :-)
MEGAN WUISTER
en
TYRA VILJOEN
op die 28 ste
**********
TRISTON CALLAGHAN

op die 30 ste
**********
LINDI KROUWKAM

en
TIAAN SMIT
op die 31 ste
**********
en
JOHAN CAMPBELL
op die 1 ste
BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAG
HOOP JULLE WORD LEKKER BEDERF
EN MAG DIE NUWE LEWENSJAAR
PROPVOL SEENINGE WEES

Tuesday, December 21, 2010

Kerswense van tannie Omie

AAN AL MY FAMILIE HIER OP DITJIES EN DATJIES
BESTE WENSE VIR 'N GESEENDE KERSFEES
EN GELUKKIG NUWE JAAR
MAG JESUS LIEFDE ALTYD MET JUL WEES!
DIE WAT MET VAKANSIE GAAN -
GENIET DIT EN KOM VEILIG TERUG!
LIEFDEGROETE
TANNIE NAOMI



Monday, December 20, 2010

Verjaarsdae 20 - 26 Desember

Ampertjies Kersfees ..... hoop almal se kersgeskenke is al gekoop .... en moenie dat die verjaarsdagouens hierdie week net een persentjie kry nie.

Baie geluk
MARIAAN VILJOEN
saam met
TERTIA DREYER
en
WILLA ROSSOUW
op die 25ste
***************
FANIE GERMISHUYS
op die 26ste
***************
Hoop julle het 'n wonderlike geseende dag
en 'n baie besonderse nuwe lewensjaar

Sunday, December 19, 2010

Kerswense van die de Gouveia familie


Wat ek graag wil hê vir ons familie is dat die klokke in elke een se lewe sal lui en mooi tye sal aankondig, dat elkeen voorspoed en God sal ervaar.
Dat God vir elkeen in 2011 tasbaar sal wees. Dat die engele vir jou boodskappe sal bring van gesondheid, liefde en vrede.

Ons het so ‘n tragiese paar jare agter die rug en as ek die nuus lees op die blog lyk dit vir my asof mooi en gelukkige dinge aan die gebeur is. Daar was ‘n hele paar troues en nuwe toevoegings tot die familie. Ek hoop dat 2011 niks hartseer en ongelukkigheid inhou nie, net wonderlike uitdagings en ervarings….

Mag elkeen ‘n Geseënde Kersfees & ‘n Voorspoedige Nuwejaar hê!

Al Ons Liefde

Lino, Benitha & Diego de Gouveia



glitter-graphics.com

Saturday, December 18, 2010

Die Du Toit’s se kerswense


Ek hoop julle't 'n wonderlike geseënde Kersfees

en 'n baie vreugdevolle 2011

Seën en liefdegroete vanuit Robertson

Estelle, Johan en seuns


Friday, December 17, 2010

Kersgroete van Oom Henry en gesin


Henry en Beatie wens ons hele familie 'n baie geseende Christusfees toe

en 'n pragtige en voorspoedige Nuwe jaar.

Andre, Karin en Wiaan, asook Sarel, Christelle en Michael

wil ook net vir almal geseende Kersfees toewens.

Ons hoop die nuwe jaar sal net mooi dinge inhou en

ons wil darem net byse moenie vergeet om mekaar te waardeer nie

elke oomblik saam te koester nie.



Thursday, December 16, 2010

Kersgroete van die Fullex gesin


Die familie wat verseker vanjaar die "meeste" uitgebrei het - die Fullex gesin!

Geseende Kersfees aan al die oues en die nuwes.

Mag al jul drome bewaarheid word in die nuwe jaar.

Gesondheid en liefde sal met julle wees.


Al ons liefde


John & Linda (Fullex) Terence en Andrea (Fullex) Michael & Laurielle (De Lucchi) En Kenny & Joan (Brown).



Wednesday, December 15, 2010

Liewers laat as nooit

Ek is bietjie laat met hierdie gelukwensing, maar is baie bly dat ek daarvan in kennis gestel is. Dit kan nooit te laat wees vir gelukwensing nie. Linda en John (Fullex) het op 1 Desember hulle 37ste huweliksherdenking gehad. Regtig 'n besonderse jaar met baie blessings wat julle in 2010 gehad het Linda. Baie geluk met die herdenking en mag die volgende baie jare vir julle net hope vreugde en blessings inhou!

Kerswense van die Smit familie

Baie geseende kersfees aan al my familie.
Die wat my ken en die wat my nie ken nie. Ons is familie!
Hoop julle is baie geseend en geniet die laaste dae van die ou jaar.
Liefde Rene en familie



Tuesday, December 14, 2010

Kerswense van die Campbells

Ons wil almal 'n Geseënde KERSFEES toewens
en dat ons altyd sal onthou dat dit 'n baie spesiale dag is.
Dis so wonderlik om te weet dat vlgns die woord in Luk 2:11
vir ons die Verlosser gebore is Christus die Here
en dat dit ons dankie dag is met klokke wat lui
en geskenke wat oor en weer uitgedeel word
en kerse wat opgesteek word
want die hele wêreld bring hulde aan die Kind in die Krip
wat elke mense-hart wat Hom erken as hul Saligmaker
kom vul met Sy teenwoordigheid.
Ons bede is dat almal in vrede dit sal vier by hul gesinne
en die wat reis veilig sal aankom by hul bestemming..
Baie liefde aan almal elkeen
van groot tot klein want elkeen is baie spesiaal.
oom Thomas en tannie Ruth



Monday, December 13, 2010

Verjaarsdae 13 - 19 Desember

Die jaar spoed nou vinnig verby en volgende week herdenk ons Christus se geboorte. Ons verjaarsdae hierdie week is:

RUAN HAMMAN

op die 13 de
***************
JUAN PIENAAR
op die 18 de
saam met
SOUNEKE BASSON
wat haar 1ste verjaarsdag vier
***************
ZET VILJOEN
op die 19de
***************
BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAG
EK HOOP DAT IN DIE BESIGE TYD, JULLE NOG STEEDS
'N WONDERLIKE DAG VAN BEDERF SAL HE
EN DAT DIE NUWE JAAR WAT VOORLE
NET DIE MOOISTE VIR JULLE SAL INHOU

Tuesday, December 7, 2010

Nog 'n klein pop

Ons het nog nie amptelike foto's van die nuweling nie, het hierdie een by Anja "geleen".

BAIE GELUK mamma Tracey en pappa Werner (van Zyl) met die geboorte van klein Jana op 2 Desember. Sy het 2.5 kg geweeg en kyk net daai wakker klein ogies!

Ons bid julle baie vreugde toe met die nuwe kleinding.

Monday, December 6, 2010

Verjaarsdae 6 - 12 Desember

Hierdie week se ons geluk aan



MADRE PETERSEN

(Tertia se dogter)


op die 6 de


***************


ANJA SMIT

(Rene se dogter)


saam met


FRANCOIS VILJOEN

(Pieter se seun)


op die 7 de


***************


DIEKIE OOSTHUIZEN


saam met


CHRISTA VERMEULEN


op die 9 de


***************

AMANDA CALLAGHAN


saam met


GIDEON VAN NIEKERK

op die 10 de


BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAG


HOOP JULLE HET 'N WONDERLIKE DAG


EN 'N NUWE JAAR VOL BLESSINGS

Monday, November 29, 2010

29 November - 5 Desember

En hier beweeg ons in Desember in en die einde van die jaar wat voorle. Vir julle wat graag vir die familie 'n geseende Kersfees wil toewens met 'n "beriggie", moenie wag nie, stuur dit dadelik vir my.
Ons verjaarsdag hierdie week is:
ILSE GEYER
(Leon se dogter)
op die 1ste
BAIE GELUK MET JOU VERJAARSDAG ILSE
MAG DIT 'N BAIE SPESIALE DAG EN MOOI NUWE LEWENSJAAR WEES

Thursday, November 25, 2010

En nog 'n troue

Vanjaar was beslis die jaar van die troues in die familie.

5

Hierdie keer was dit Madre (oudste van Tertia en Andre Dreyer) wat getroud is met Ernest Petersen.

3

Soos die foto's wys, was Madre 'n pragtige bruid.

2

Die hele Dreyer gesin.

Page1

Met boetie, sussies, ouers en ouma.

7

Ernest en Madre ons wens julle net die beste toe vir jul huwelik. Mag dit alles wees wat julle hoop dit sal wees.

Tuesday, November 23, 2010

Denise en familie

Debbie, Denise se dogter het ons so ‘n bietjie ge”update” oor wat hulle gedoen het die laaste rukke.

cape to cuba 049

Hennie, (Denise se seun) het onlangs die bestuur van die Cape to Cuba in Stellenbosch oorgeneem

cape to cuba 001

en Sondagoggende kuier en eet hulle ontbyt daar. As enige van julle in die familie wil kom saam ontbyt, gee gerus vir Debbie ‘n luitjie by nul,sewe,ses,nege,nul,vyf,nul,nul,twee,nege om plek te bespreek.


cansa ete 008

Die restaurant is ook onlangs gebruik as gasheer van die Cansa Survivor ete en hier is Hennie en sy span

. nita party 009

Tydens een van Denise se vriendinne se verjaarsdag is die partytjie ook daargehou. ‘n Paar van ons “bekende” blogsterre was soos altyd teenwoordig.

nita party 011

En nog een – kyk net hoe ernstig.

lisa partytjie 028

Klein Lisa het natuurlik ook onlangs verjaar en die foto’tjie is op haar partytjie geneem. Op die foto is Adele met Lisa en Lynette met Andre.

pa braai 028

‘n Foto van Fanie (Debbie se man) en Hennie (haar pa) tydens ‘n braai. Fanie het so ‘n tydjie gelede ‘n hartaanval gehad en ons is dankbaar dat dit beter gaan met hom. Hy moet dit net rustig vat. Ons bid dat hy sommer gou-gou heeltemal gesond sal wees.

Daar is nog ‘n foto of twee maar dit plaas ek later. Dankie vir die deel Debbie.

Monday, November 22, 2010

Verjaarsdae 22 - 28 November

Hierdie week se ons geluk aan:
EDDIE HOLLOWAY
op die 22 ste
******************
BENITHA DE GOUVEIA

op die 25 ste
*******************
LEANA SMIT
op die 27 ste
*******************
BAIE GELUK JULLE
ONS HOOP DAT DIE DAG SPESIAAL
EN DIE LEWENSJAAR NET VOL BLESSINGS SAL WEES

Sunday, November 14, 2010

Verjaarsdae 15 - 21 November

Hierdie week is dit baie geluk aan:

PAULINE PREUSS

op die 15 de
********************
JACO KROUWKAMP
op die 19 de
*********************
PIETER VILJOEN
op die 20 ste
*********************
BAIE GELUK JULLE
EK HOOP DIS 'N WONDERLIKE DAG
EN DAT JULLE LEKKER BEDERF GAAN WORD

Wednesday, November 10, 2010

Nog 'n blessing

Net verlede week het ek gese dat die familie waarlik vanjaar geseend is met al die nuwe baba's en hier is sommer nog 'n baie welkome toevoeging. 'n Baie trotsse Ouma Maretha (Bokkie) laat weet:

Image029

Hier is 'n foto van mamma Chantal en pappa Juan oppad teater toe.

Image031

Klein Franco is gister ongeveer 2 uur gebore en het 3.25 kg geweeg. (Dis hoe ek van die nuus hou tannie Bokkie, vars en dadelik :-))

Image030

Die twee oumas het dit met tee en kaaskoek gaan vier. Sal graag wil sien hoe Carlo gereageer het op sy nuwe boetie se aankoms.

Baie geluk met die nuweling julle. Ons glo dat hy vir julle en almal rondom hom 'n groot blessing gaan wees. Hou ons op datum met sy vordering.

Tuesday, November 9, 2010

Tracey se Ooievaarspartytjie

Die familie is waarlik geseend verjaar .... nie net is daar 'n paar nuwe eggenotes in die familie, maar ook 'n klomp baba's is gebore en 'n klompie nog oppad.

Page1

Hierdie keer was dit Tracey van Jeanette se ooievaarspartytjie. Die partytjie is by Ursual se huis gehou en Leana (Rene se dogter) het dit gereel. Soos gewoonlik is die heerlike eetgoed deur Rene en Anja gemaak.

Page2

Klein Jana wat vroeg in Desember haar opwagting maak het sommer 'n klomp nuwe uitrustings waarmee ma Tracey kan popspeel. Ouma Jeanette lyk net so in haar skik.

Page3

'n Paar van die gaste wat die lekker geleentheid bygewoon het.

Ons sien uit daarna om sommer binnekort klein Jana se foto's vir almal te wys.

Monday, November 8, 2010

Verjaarsdae 8 - 14 November

Ons verjaarsdae hierdie week is:

WILLEM-HENDRIK DU TOIT

op die 8ste
en
PETER DE KOCK
op die 10 de
BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAG
HOOP DAT DIT 'N WONDERLIKE DAG SAL WEES

EN DAT DIE NUWE JAAR NET MOOI DINGE INHOU

Wednesday, November 3, 2010

Klein patroon

Die klein patroon is nou omtrent 2 maande oud en sy het self vir "tannie" Ronelle en "tannie" Rene op hol :-).

IMG_7163

IMG_7180

Dankie tannie Tracey vir die aanstuur van Emilie se foto'tjies. Ek's baie seker dat mamma Ursula en pappa Gerrit saam met ouma Jeanette baie trots is op die meisiekind.

Tuesday, November 2, 2010

Nog ‘n troue

Lanklaas so baie troues in die familie gehad, en hierdie keer is dit ILSE MARITZ (tannie Tossie se kleindogter) wat getroud is met MARIUS GEYSER.

33467_447373592279_720037279_5194536_338973_n

66931_447360362279_720037279_5194159_4266874_n66931_447360367279_720037279_5194160_8141401_n

Ilse was sommer 'n pragtige bruid en natuurlik het jy ook mooi gelyk Marius :-).

66991_447373472279_720037279_5194530_3673836_n

Ons wens julle net die mooiste toe as 'n paartjie en gesin.

Monday, November 1, 2010

Verjaarsdae 1 - 7 November

Hierdie week se ons baie geluk aan:

RENIER NEETHLING
(Monique se man)
op die 2de
*******************
CHRISTIAAN DU TOIT
op die 3 de
*******************
KRISTEN STEMMET
op die 5 de
BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAG
MAG DIT 'N WONDERLIKE DAG WEES EN
MAG DIE NUWE LEWENSJAAR NET DIE BESTE VIR JULLE INHOU

Monday, October 25, 2010

Verjaarsdae 25 – 31 Oktober

Aan almal wat hierdie week verjaar, 'n groot verskoning dat die blog 'n dag laat is. Dis 'n dol maand en ek het die ge-"pre-blog" totdat ek nou gesien het, dit het nooit verskyn nie. Skuus.

Ek glo dat julle almal wonderlike verjaarsdae gehad het en sommer uit julle sokkies bederf is.

Ons verjaarsdag mense was:

THOMAS CAMPBELL

saam met

G P VAN NIEKERK

en

LIZA BURDEN

Copy of Lisa Burden

op die 25 ste

**********************************

DIEGO DE GOUVEIA

op die 26 ste

BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAE

EK GLO DIT WAS 'N DAG PROPVOL BEDERF

EN BID VIR JULLE 'N WONDERLIKE

GESEENDE NUWE LEWENSJAAR TOE

Tuesday, October 19, 2010

Matriekafskeid

Die tyd van die jaar is daar gewoonlik baie opwindende geleenthede in die skole, universiteite en selfs werk. In die familie was daar nuwe baba's, daar was verlowings en troues, spesiale verjaarsdae en selfs perdry ;-), maar dis amper onmoontlik om foto's te kry. Kom aan ouens, julle voel mos spesiaal oor daardie geleenthede, deel die foto's met ons almal. Dis meeste van die tyd al geleentheid/manier wat ons het om met die familie op te vang.
Vir Jaco Hamman (Marie se seun) was die matriekafskeid verlede week 'n hoogtepunt en hy het dit sommer dubbel geniet deur twee by te woon. Sy eie skool s'n en sy meisie se skool. Dankie vir die foto's Marie. Julle twee het regtig spoggerig gelyk.

Monday, October 18, 2010

Verjaarsdae 18 - 24 Oktober

'n Week propvol verjaarsdae:

TUNIN ROY

op die 19 de
****************
CLAUDIA FREEMAN
op die 20 ste
saam met
REUBEN GROBLER
***************
WIAAN HEYNS
op die 21 ste
*******************
MAYA ROY
op die 24 ste
********************
BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAE DIE WEEK
MAG DIT 'N BAIE BESONDERSE DAG
EN SPESIALE JAAR WEES
Ouma Maxie hoe lyk dit met nuwe foto's van die kleinkinders?

Monday, October 11, 2010

Verjaarsdae 11 - 17 Oktober

Hierdie week se ons geluk aan:

MAXIE OOSTHUIZEN
op die 16 de
BAIE GELUK MET JOU VERJAARSDAG
ONS WENS VIR JOU NET DIE MOOISTE
TOE VIR DIE NUWE JAAR

Thursday, October 7, 2010

'n Pragtige paartjie

Skuus ek's bietjie laat met dit ook, maar het vir toestemming gewag om die foto's te plaas. (het eintlik nog steeds nie)
Op 17 September is Terence Fullex (Linda en John se seun) getroud met Andrea (de Bruyn). Baie geluk julle twee en ons wens en bid vir julle net die mooiste toe. Mag julle net geseend wees in hierdie verbintenis.

Tuesday, October 5, 2010

Verjaarsdae 4 - 10 Oktober

Ek's 'n bietjie laat die week, maar nogsteeds in tyd vir die verjaarsdae:

Hierdie week is dit




SCHALK VILJOEN
(Oom Sammy se seun)


op die 6de


en


MARIZELLE GEYSER
(Leon se kleindogter)





op die 10de





BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAE

HOOP DIS 'N LEKKER BEDERF DAG

EN 'N MOOI NUWE LEWENSJAAR

Monday, September 27, 2010

Verjaarsdae 27 Sep - 3 Okt

Baie geluk hierdie week aan

HANNAH PREUSS

en
MONIQUE NEETHLING
op die 30 ste
***************
JOY STEMMET
op die 2 de
EK HOOP JULLE HET 'N BAIE SPESIALE DAG
EN 'N NUWE JAAR PROPVOL BLESSINGS

Monday, September 20, 2010

Verjaarsdae 20 - 27 September

Ons verjaarsdae vir hierdie week is:

WERNER VAN ZYL
op die 21 ste
BAIE GELUK MET JOU VERJAARSDAG WERNER
HOOP DIS 'N WONDERLIKE DAG EN 'N SPESIALE JAAR

Tuesday, September 14, 2010

Spog brokkie

Ons se geluk aan T.J. Campbell (Johan en Marietjie se seun) wat vanjara vir die 0.13A span van Laerskool Durbanville gekies is

TJ graad 7 2010

T.J. speel buite senter. Hier is hy en 'n baie trotse pa Johan tydens die "cap-seremonie" afgeneem. Geluk T.J en ons hoop dis sommer 'n goeie seisoen van baie driee.

‘n Pienk Partytjie

So 'n tydjie terug was Rene se verjaarsdag en sy het 'n kort storie met paar foto's vir ons gestuur. Volgens haar was dit 'n heel stemmige partytjie en julle moet maar self oordeel (ek weet net daar was ander partytjies ook - daarvan sal ek liewers nie foto's sit nie)

Page1

Omdat daar "sekere" familielede was wat vorige keer suurlemoenie "gesteel" het (kyk na 'n vorige blog), het hulle die stoep vir die dames partytjie toegemaak.

Page2

Dit lys asof die tannies meer opgewonde was oor die partytjie as die verjaarsdag meisie met haar pienk hare. Ek vermoed die "duiweltjie" was verantwoordelik vir die meeste van die eetgoed.

Page3

Ek plaas nie foto's van die ander gaste nie, want ek dink die klompie is meer bekend aan julle. 'n Paar van die foto's waarop Jeanette was kan nie gepubliseer word nie, hulle sal die blog toemaak :-) maar hier kan ek ten minste sien dat my korrespondent in SA wel 'n foto of twee met haar foon geneem het. Wil iemand nie vir haar 'n nuwe kamera met vol battery gee nie?

40112_153256324686468_100000063054434_507594_310234_n

Die deftige tannies wat geen benul het hoe oud hulle werklik is nie. Die een regs glo die ander een word 70 in 1972 of ..... uhm miskien 2013? Hoe dit ookal is, ek dink hulle twee lyk albei goed vir hulle 30+.

Almal het baie lekker saamgekuier, geeet en baie gelag. Die suurlemoene was hierdie keer veilig want hulle het liewers "take-aways" ingepak. ;-)