Monday, October 25, 2010

Verjaarsdae 25 – 31 Oktober

Aan almal wat hierdie week verjaar, 'n groot verskoning dat die blog 'n dag laat is. Dis 'n dol maand en ek het die ge-"pre-blog" totdat ek nou gesien het, dit het nooit verskyn nie. Skuus.

Ek glo dat julle almal wonderlike verjaarsdae gehad het en sommer uit julle sokkies bederf is.

Ons verjaarsdag mense was:

THOMAS CAMPBELL

saam met

G P VAN NIEKERK

en

LIZA BURDEN

Copy of Lisa Burden

op die 25 ste

**********************************

DIEGO DE GOUVEIA

op die 26 ste

BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAE

EK GLO DIT WAS 'N DAG PROPVOL BEDERF

EN BID VIR JULLE 'N WONDERLIKE

GESEENDE NUWE LEWENSJAAR TOE

Tuesday, October 19, 2010

Matriekafskeid

Die tyd van die jaar is daar gewoonlik baie opwindende geleenthede in die skole, universiteite en selfs werk. In die familie was daar nuwe baba's, daar was verlowings en troues, spesiale verjaarsdae en selfs perdry ;-), maar dis amper onmoontlik om foto's te kry. Kom aan ouens, julle voel mos spesiaal oor daardie geleenthede, deel die foto's met ons almal. Dis meeste van die tyd al geleentheid/manier wat ons het om met die familie op te vang.
Vir Jaco Hamman (Marie se seun) was die matriekafskeid verlede week 'n hoogtepunt en hy het dit sommer dubbel geniet deur twee by te woon. Sy eie skool s'n en sy meisie se skool. Dankie vir die foto's Marie. Julle twee het regtig spoggerig gelyk.

Monday, October 18, 2010

Verjaarsdae 18 - 24 Oktober

'n Week propvol verjaarsdae:

TUNIN ROY

op die 19 de
****************
CLAUDIA FREEMAN
op die 20 ste
saam met
REUBEN GROBLER
***************
WIAAN HEYNS
op die 21 ste
*******************
MAYA ROY
op die 24 ste
********************
BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAE DIE WEEK
MAG DIT 'N BAIE BESONDERSE DAG
EN SPESIALE JAAR WEES
Ouma Maxie hoe lyk dit met nuwe foto's van die kleinkinders?

Monday, October 11, 2010

Verjaarsdae 11 - 17 Oktober

Hierdie week se ons geluk aan:

MAXIE OOSTHUIZEN
op die 16 de
BAIE GELUK MET JOU VERJAARSDAG
ONS WENS VIR JOU NET DIE MOOISTE
TOE VIR DIE NUWE JAAR

Thursday, October 7, 2010

'n Pragtige paartjie

Skuus ek's bietjie laat met dit ook, maar het vir toestemming gewag om die foto's te plaas. (het eintlik nog steeds nie)
Op 17 September is Terence Fullex (Linda en John se seun) getroud met Andrea (de Bruyn). Baie geluk julle twee en ons wens en bid vir julle net die mooiste toe. Mag julle net geseend wees in hierdie verbintenis.

Tuesday, October 5, 2010

Verjaarsdae 4 - 10 Oktober

Ek's 'n bietjie laat die week, maar nogsteeds in tyd vir die verjaarsdae:

Hierdie week is dit




SCHALK VILJOEN
(Oom Sammy se seun)


op die 6de


en


MARIZELLE GEYSER
(Leon se kleindogter)





op die 10de





BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAE

HOOP DIS 'N LEKKER BEDERF DAG

EN 'N MOOI NUWE LEWENSJAAR