Monday, February 22, 2010

Verjaarsdae 22 - 28 Februarie

Hierdie week se ons geluk aan:

MARIUS KOEN
op die 22 ste
******************
KARLA ROSSOUW
op die 25 ste
******************
LIAAN KOEN
op die 28 ste
BAIE GELUK EN MAG DIT 'N DAG EN JAAR
PROPVOL VREUGDE EN WONDERLIKE DINGE WEES

Monday, February 15, 2010

Verjaarsdae 15 - 21 Februarie

So stap die jaar aan en die tweede maand is ook al halfpad verby. Ons verjaarsdag mense hierdie week is:


Mariska Basson
(Billy se kleindogter)
op die

16 de

**********

Peter Callaghan
(Bennie se skoonseun)
op die

19 de

**********

Wesley Strickland
(Eddie se seun)
op die

20 ste

**********

Hennie van Vuuren (jnr)
(Denise se seun)
op die

21 ste

**********

Baie geluk met julle verjaarsdae die week

Ons wens julle 'n mooi dag en

Wonderlike nuwe lewensjaar toe

Monday, February 8, 2010

Verjaarsdae 8 - 14 Februarie

Ek's 'n bietjie laat met die verjaarsdae hierdie week, maar gelukkig het ons nog niemand gemis nie. Die verjaarsdagmaatjies vir die week is:

EDDIE STRICKLAND
Op die
11 DE
************************
URSULA PIENAAR
Op die
12 DE
saam met
DANAE VON MOLENDORF
(tannie Joy se kleindogter)
BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAE DIE WEEK
MAG DIT 'N DAG VAN GROOT BEDERF WEES
EN 'N WONDERLIKE NUWE LEWENSJAAR!

Wednesday, February 3, 2010

Oberholzers vakansie bietjie

2010_01240011

Die Oberholzer het gedurende Januarie 'n naweek bietjie kon wegbreek Tietiesbaai toe. Sarel skryf dat die naweek soos 'n vakansie gevoel het. Kan ook nie anders met so 'n mooi uitsig nie

. 2010_01240023

Die weer was perfek en daar is baie gestap en nerens heen gery nie. Daar is mooi vissies gevang en saam met die mossels het hulle 'n heerlike seekos potjie gemaak.

2010_01240018

Geen elektrisiteit en stortwater verhit deur sonpanele het gemaak dat almal teen 7 uur moes gewas wees as jy nog warm water wil he

. 2010_01240055

Die see is pragtig maar baie koud en Sarel glo dis hoekom die krewe daar so groot is, mens wil nie die koue water aandurf om hulle uit te haal nie.

2010_01240033

Dit lyk asof Michael die see en sand net so geniet het.

2010_01240065

Kan nie glo die mannetjie het so groot geword nie!

Monday, February 1, 2010

Verjaarsdae 1 - 7 Februarie

Kan nie glo ons is al in die tweede maand van 2010 in. Dis 'n stil week vir verjaarsdae behalwe vir een dag wat propvol verjaarsdae is.
Hierdie week se ons baie geluk aan:
TRACY VAN ZYL
en
CHARON PREUSS
wat altwee saam met my op die
2 de verjaar
BAIE GELUK JULLE
EN MAG DIT 'N MOOI EN SPESIALE DAG EN JAAR
VIR JULLE WEES!