Tuesday, September 27, 2011

Die familievroue kuier – deel 10 “laaste kuier voor kamera”

En so raak ons foto-storie van die vroue reunie ook nou klaar. AI wie sal nog stories van ander familie-aktiwiteite stuur?


Oor 'n daggie sal ek foto's van Mark se troue opsit en natuurlik nog 'n storie van tannies met die ipad :-), maar julle ander moet ook bietjie help en laat weet wat daar in julle families gebeur. Ek weet Tertia het 'n groot spog, maar sonder foto's en die storie kan ons niks opsit nie ~ so kom aan ek wag!! Nuwe foto's van kleinkinders is ook welkom, daar is so baie van hulle (dis nou kleinkinders en ek's seker foto's ook).


So vir oulaas is daar groep(ie) foto's geneem en hier is 'n paar.


DSC_0220


Hulle staan sowaar stil met niks eetgoed in hulle hande nie ...


DSC_0293


Tannie Beatie met haar dogters Karin en Christelle.


DSC_0297


En met haar peetdogter Benitha.


DSC_0299


Tannie Joy en haar twee dogters Christa en Celeste.


DSC_0304


Tannie Omie en haar peetdogter Amanda (Jinne ons twee het nooit 'n foto laat neem nie.


DSC_0311


Zet en haar twee dogters Amanda en Benitha.


DSC_0316


Drie geslagte - tannie Ruth met haar dogter Ronelle en kleindogter Anneke.


DSC_0324


Tannie Bokkie met haar dogter Chantelle en kleinseun Franco.


DSC_0320


'n Hele bondel van hulle :-).


Dankie julle dit was baie lekker en ons maak gou-gou weer so.

Monday, September 26, 2011

Verjaarsdae 26 September - 2 Oktober

Hierdie week se verjaarsdae is:


HANNAH PREUSS

saam met



MONIQUE NEETHLING


op die



30 ste



EN


Joy Stemmet


op die



2 de



BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAE


ONS HOOP DIS 'N GESEENDE DAG EN NUWE LEWENSJAAR

Friday, September 23, 2011

Die familievroue kuier – deel 9 “Die boksies”

Alles moet op 'n stadium einde se kant toe staan, en so het dit tyd geword om te begin groet. 'n Wavrag eetgoed bly oor, en Rene verskaf boksies dat almal so 'n bietjie kan "take-away" huistoe. Met goeie "redes" soos dis vir my man en/of kind(ers) by die huis, word daar gou ywerig ingepak.


DSC_0277


Nelmari en tannie klein Babsie kry nog kans om so bietjie te gesels ook tydens die inpakkery.


DSC_0278


Karin ook reg met die boksie :-).


DSC_0279


Chantel moet eers die boksie gevou kry voordat sy kan eetgoed inpak.


DSC_0287


Nou raak almal besig met die pakkery. 'n Stukkie van die, 'n bietjie van daai ....


DSC_0288


"Wag bietjie ek wil eers van daai he" se Jeanette vir tannie Ruth. "Vat net 'n klein stukkie dat daar vir my ook is", antwoord sy terug :-).


DSC_0289


Tannie Joy maak seker dat tannie Omie nie iets het wat sy nog nie het nie, terwyl tannie Omie tel dat niemand iets uit haar boksie gevat het nie :-).


DSC_0325


En terug by die lekkergoed - ja Ronelle het sowaar oorgelos - is Jeanette besig om "nog 'n sakkie" vol te maak :-).


DSC_0326


"Ja, dis twee sakkies " wys sy vir my :-). Moet dit nie probeer vat nie!! Ek dink niemand het dit gevat nie, maar iemand het wel haar boksie eetgoed gevat :-)


Met alles wat so in boksies en sakkies gepak word, moes Rene bontstaan om te keer dat sekere mense wat hier lees, nie ook die kombersies inpak nie :-).

Wednesday, September 21, 2011

Die familievroue kuier – deel 8 “Danse”

Nie op die oorspronklike beplanning nie, maar dat party lus was vir dans is nou eenmaal waar. Kyk net hier ...


DSC_0235


Jeanette wys wat 'n "ouma" kan doen :-).


DSC_0256


En dan het ons nog 'n "ouma" Denise wat 'n Tina Turner vertoning lewer met mikrofoon die lot :-).


DSC_0261


Die musiek werk aansteeklik in en gou-gou is daar twee wat dans.


DSC_0265


Die jonger geslag kry bietjie lesse lyk dit my.


DSC_0266


Nog twee sussies sluit aan by die dans-partytjie.


DSC_0269


Die eerste twee gaan nog sterk aan met die dans.


DSC_0274


Die twee sussies dans saam.


DSC_0272


Nou wat sou ouma van al dit gese het wonder ek :-). Enige iemand wat wil raai?


Weet nie wie van julle ken die liedjie "alles kom in boksies nie", maar die volgende blog kyk ons bietjie wat en wie en hoe daar met die boksies gewerk is.

Tuesday, September 20, 2011

Die familievroue kuier – deel 7 “Orals is gekuier”

Een van die nadele van so 'n vroue reunie, is beslis die uitmis oor wat in verskillende groepies gesels word. Maak nie saak hoeveel jy probeer nie, iewers was daar altyd iemand wat gelyk het asof hulle onderwerp die interessantste en/of snaakste was.


DSC_0240


Twee groepe sommer langs mekaar besig om stories te vertel.


DSC_0241


Wat sou ouma en kleindogter oor sit en gesels?


DSC_0242


Van die "ouer" gade het jare se stories om te vertel.


DSC_0243


Rustig op die stoep word daar opgevang


. DSC_0244


Hier word iets interessants vertel.


DSC_0245


Selfs terwyl daar tee en koffie gemaak word, word daar gekuier.


DSC_0246


Jonk en "ouer" gesels saam.


DSC_0291


Wat sal hier gese word?


DSC_0281


Sommer 'n groot groepie wat gesels.... en tannie Joy .... wat maak jy? :-)


As mens al die klein-groepies stories net kon vasvang om eendag te kon oorvertel ..


Kom kyk bietjie oormore wie word uitgevang tydens die dansery :-)

Monday, September 19, 2011

Verjaarsdae 19 - 25 September

Baie geluk aan ons enkele verjaarsdagmaatjie hierdie week:


WERNER VAN ZYL


op die


21 STE


ONS HOOP DIT IS 'N HEERLIKE DAG


PROPVOL BAIE BEDERF!

Saturday, September 17, 2011

Die familievroue kuier – deel 6 “Lekker lag”

Selfs na die eet en konsert is daar nog baie lekker gekuier en gelag. Ek sal regtig wil weet wat by elkeen van die foto's gesels is :-).


DSC_0206


Jeanette, tannies Bokkie en Ruth deel hier 'n grappie.


DSC_0217


Rene en RonelLe kom by en nou word daar nog meer gelag. Waarvoor is jy skaam Rene?


DSC_0218


Hierdie drie is nie "engeltjies" nie :-).


DSC_0239


'n Ander groep waar daar lekker gelag is. Kyk bietjie wie verskyn sover op al die geheime grappie-foto's ....


DSC_0248


Dit was 'n goeie storie.


DSC_0327


Hierdie klomp lag lekker toe hulle uitgevang word.


DSC_0328


Hulle vertel en lag sommer weer vir die storie.


DSC_0329


En dan word daar vingers gewys oor wie se skuld dit nou eintlik is.


Soveel stories is vertel wat almal so lekker laat lag het. Mens moet dit op papier kry vir die nageslag :-)

Thursday, September 15, 2011

Die familievroue kuier – deel 5 - “Uitgevang”

Een van die "lekker" dinge by die reunie was die "lekker-goed-kas" waar jy kon proe en skep :-). Glo my hier was 'n klomp gereelde besoekers en ek praat nie nou van die kleintjies nie. En die verskonings wat gebruik is, soos oa "dis vir my man by die huis" ...... ek wonder of die mans wel die sakkie lekkergoed gekry het. Een spesifieke groep was heerlike fotoneem materiaal ~ kyk net bietjie hier :-).


DSC_0195


Hier word baie ernstig besluit op watter lekkergoed ingeskep moet word.


DSC_0196


O die keuses ne Maxie ...


DSC_0197


Uitgevang, maar dis nie vir my nie se RonelLe.


DSC_0198


Miskien moet ons net 'n klein bietjie meer inskep


. DSC_0199


Kom ons maak asof ons nie die kamera sien nie.


DSC_0200


Dis nie so maklik nie want die kamera kan sien hoeveel ons inskep.


DSC_0201


Sit nou daai kamera neer dat ons kan verder skep ....


DSC_0202


O 'n kamera en ons word afgeneem!!!! Ek het dit nie geweet nie :-)


Hierdie foto's is in die volgorde geneem en die ander kan bly wees hulle is nie op heterdaad betrap nie ..... of is hulle?


Dankie Rene, die lekkers het vir groot pret gesorg, tydens en agterna by die huis.