Monday, January 30, 2012

Verjaarsdae 30 Jan - 5 Feb

Hierdie week se ons baie geluk aan:


TRACY VAN ZYL


saam met


CHARON PREUSS


en


SANDRA HOLLOWAY


op die 2de


**********


BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAE


HOOP DIT WAS 'N WONDERLIKE DAG


EN 'N GESEENDE NUWE LEWENSJAAR

Monday, January 23, 2012

Verjaarsdae 23 - 29 Januarie

Ons verjaarsdae hierdie week is


ANNEKE DU TOIT


op die 25 ste


**********


MARK CAMPBELL


op die 29 ste


**********


BAIE GELUK


HOOP JULLE HET 'N WONDERLIKE DAG EN


WONDERLIKE NUWE LEWENSJAAR!

Monday, January 16, 2012

Verjaarsdae 16 - 22 Januarie

'n Week waarin ons sommer 'n baie spesiale verjaarsdae vier:



TIMOTHY BURDEN


op die 17 de



**********



MICHAEL DE LUCCHI



op die 18 de



**********



CARIN MARITZ



op die 19 de



**********


LINDA FULLEX



op die 20ste



**********


RUTH CAMPBELL



wat



op die 21 ste



haar 70 ste verjaardag vier.



BAIE GELUK MET JULLE ALMAL SE VERJAARSDAE



MAG DIT 'N WONDERLIKE GESEENDE DAG WEES



EN MAG DIE NUWE LEWENSJAAR ALLES WEES WAT JY NODIG HET

Friday, January 13, 2012

Oom Henry en kinders kuier

Christelle laat weet dat een van die uitstappies wat hulle as gesin op was die afgelope vakansie, een oopbus toer deur Kaapstad en om Kampsbaai was en toe 'n canal cruise vanaf die waterfront.


Page1


Dit was 'n heerlike kuier en dankie ook vir die foto's van die mooie ou Kaap vir ons wat ver sit :-). Klein Michael het so groot geword.


Page3


Daar is ook deur die tuine, distrik 6 en museum gegaan.


Page2


Sy se dat dit omtrent 'n trip down memory lane met al die bekende plekke vir haar ma en pa was.


Dankie vir die deel Christelle!

Thursday, January 12, 2012

Die skole begin

Die vakansie is verby, wel seker vir die meeste van ons en daar is baie van ons kinders wat terug is skool of universiteit toe. Niemand, behalwe een (dankie Christelle) het regtig laat weet wat julle oor die feesseisoen gedoen het nie, so ek neem aan almal het maar 'tyd-besig-met-niks' gehad - julle dalk 'n foto daarvan :-)? Is daar regtig nerens 'n mamma, pappa, ouma of oupa wat wil spog met iets nie? Skimp-skimp.


Dankie vir Michelle wat bietjie van haar pragtige dogters se eerste dag van die nuwe skooljaar met ons deel, ons waardeer dit baie.


TYRA 20120


Tyra een van oom Dan en tannie Daphne se agter-kleindogters het gister met hoerskool begin en volgens haar ma was sy baie senuweeagtig en het amper niks geslaap nie, maar nogsteeds baie braaf die skool en ontgroening aangedurf. Hulle moes 'n gesig op 'n aartappel teken, dit 'n naam gee en die inligting om haar nek hang. Wat was daai aartappel se naam Tyra en het die dag goed afgeloop?


] Presentation1


Simon is verjaar graad 5 toe en net so senuweeagtig om vir die eerste keer saam met die groot kinders op die grootspeelgronde te speel. Ek's seker dat haar dag sommer lekker afgeloop het.


Thanks Michelle for sharing

Monday, January 9, 2012

Verjaarsdae 9 - 15 Januarie

Ons verjaarsdae hierdie week is:


MARIUS GEYSER


op die 11 de


EN


CELESTE VON MOLENDORF


op die 13 de


Baie geluk met julle verjaarsdae


Hoop dit is/was 'n wonderlike dag


en dat die nuwe jaar net alles sal wees wat julle wil he!

Monday, January 2, 2012

Verjaarsdae 2 - 8 Januarie

Die jaar 2012 is op ons en ek glo dat almal van julle 'n wonderlike tydjie gedurende die feesseisoen gehad het. Ek dink dit sou 'n lekker geleentheid wees om hope familiefoto's te neem dink julle nie? Ek hoop dat julle almal so 'n foto of twee van julle familietyd met ons sal deel - kan julle glo dat daar kinders in die familie is wat ons nog nie eens op 'n foto gesien het nie? Mooi versoekie vir die ouma's, oupa's, tannies, oom's ens. julle mag ook maar stuur en spog met julle kleinkinders of niggies/nefies :-).


Die eerste verjaarsdae van die jaar, dis nou behalwe vir Johan wat op die 1ste verjaar het, is ....


HENNIK DU TOIT


op die 5 de


**********


INA MARITZ


op die 6 de



en



DAPHNE VILJOEN


op die 7 de


**********


BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAE


MAG DIT 'N WONDERLIKE DAG EN


VREUGDEVOLLE NUWE LEWENSJAAR WEES



Vir al julle ander 'n 2012 wat net die mooiste inhou! Dankie vir die van julle wat so getrou foto's en updates stuur en met ons deel ~ ek is baie seker julle weet nie hoe lekker dit is vir ons om dit te sien nie.


Mag 2012 ook die jaar wees waarin ons as familie, oud en jonk nog nader aan mekaar beweeg sodat ons nie net kan deel in mekaar se lief en leed nie, maar ook daar kan wees vir mekaar wanneer en indien nodig!