Monday, July 28, 2008

Verjaarsdae 28 Julie - 3 Augustus



ONS WENS JOU 'N MOOI DAG
TOE OP DIE 28ste!
JY MOET LEKKER VERJAAR!!



PREUSS

en


ROSSOUW

WAT ALTWEE OP DIE 30STE VERJAAR
ONS WENS JULLE ALLES VAN DIE BESTE
TOE VIR DIE NUWE LEWENSJAAR

Wednesday, July 23, 2008

Reunie slides - 8

Die oudste kind was Pieter Schalk.Tannie Ruth se hy was haar mentor en sy het baie respek vir hom gehad. Sy en my ma het onder hom gewerk by Reckitt & Coleman waar hy rekenmeester was. Sy was so trots op hom en hulle het altyd met die trein werk toe gery. Vrydae het hy met die motor gery en dan het haar vriendin Elsa Swanepoel ook saamgery. Hulle moes elke keer die kar aan die brand stoot want as hy stop om hulle op te tel, vrek dit. Hulle het baie gelag en hy was vir die jonger kinders 'n goeie voorbeeld. Saterdae wanneer WP gespeel het, het hy lekker op Nuweland gekuier.

As julle nog iets van oom Piet wil vertel, stuur dit asb vir my met epos.

Monday, July 21, 2008

Verjaarsdae 20 - 26 Julie



hamman
(Marie en Jaco se seun)

VERJAAR DIE 22STE EN WORD

16 JAAR OUD !!!

BAIE GELUK MET JOU VERJAARSDAG

HOOP DIS 'N WONDERLIKE DAG.


freeman

(Man van Claudia)

verjaar die 27ste

BAIE GELUK MET JOU VERJAARSDAG

ONS HOOP DIS 'N BAIE SPESIALE

DAG VIR JOU!

Friday, July 18, 2008

Ons is dankbaar

Dis altyd lekker as ons terugvoering kry oor iemand wat siek was en nou beter is. Lindi laat weet dat dit goed gaan met haar oupa Gerhard en dat hy met 'n ligte Altzheimers gediagnoseer is. Sy se hy's nog net so 'n gentlemen en baie dierbaar. Dankie vir die laat weet Lindi! Chantal laat weet dat klein Carlu hulle begin Julie vreeslik laat skrik het. Die outjie (hy's 14 maande) is gediagnoseer met Rota-virus (dis 'n maagvirus wat gevaarlik is vir die kleintjies want dit laat hulle ontwater). Hy is vir 5 dae in die Durbanville medi-kliniek in isolasie gehou en vir so 'n besige mannetjie was dit 'n groot uitdaging - hy wou net rondbeweeg. Hy het maar deur die glasvenster met Bonolo maats gemaak. Ons is baie bly dat hy nou weer beter en by die huis is.
Julle ander wat so doodstil is .... gebeur daar niks in julle lewe nie? Deel bietjie!

Monday, July 14, 2008

Verjaarsdae 14 - 19 Julie

HIERDIE WEEK IS DAAR SOMMER
BAIE WAT VERJAAR!

VILJOEN
(Pieter van Oom Dan se seun)
WAT DIE 16 de VERJAAR
BAIE GEUK MET JOU VERJAARSDAG
ONS HOOP DAT DIT 'N BAIE SPESIALE DAG VIR JOU IS



STEMMET
BAIE GELUK MET OOM SE VERJAARSDAG
OP DIE 17 de
ONS WENS JOU 'N MOOI LEWENSJAAR TOE



MARITZ
OP DIE 19 de IS DIT OOM SE VERJAARSDAG
BAIE GELUK EN MAG DIE NUWE JAAR
PROPVOL MOOI DINGE EN GOEIE GESONDHEID WEES


GROBLER
JY VERJAAR OOK OP DIE 19DE !
ONS BESTE WENSE VIR DIE NUWE LEWENSJAAR

ROSSOUW
JY'S OOK 'N 19 de BABA
BAIE GELUK MET JOU VERJAARSDAG ONS
HOOP JY HET 'N WONDERLIKE DAG