Monday, January 24, 2011

Verjaarsdae 24 - 30 Januarie

Na 'n lekker kort besige kuier in SA is ek weer terug in die woestyn ....

Geluk hierdie week aan:

ANNEKE DU TOIT
op die 25 ste
en
MARK CAMPBELL
op die 29ste
Net die beste wense vir 'n wonderlike dag en
wonderlike nuwe lewensjaar vir julle twee

Monday, January 17, 2011

Verjaarsdae 17 - 23 Januarie

Nog 'n bietjie ou verjaarsdagwense, maar hoekom kan mens nie weer 'n keer gelukgewens word nie?
Hierdie week was die verjaarsdae van:
TIMOTHY BURDEN
op die 17 de
**********
MICHAEL DE LUCCHI
op die 18 de
**********
CARIN MARITZ
op die 19 de
**********
LINDA FULLEX

op die 20 ste
**********
RUTH CAMPBELL
op die 21 ste
***********
Ek hoop dit was 'n verjaarsdag vol pret en plesier
Mag die nuwe jaar vir julle net blessings inhou!

Monday, January 10, 2011

Verjaarsdae 10 - 16 Januarie

Met my besoek aan SA het die verjaarsdae bietjie agterwee geraak op die blog, maar ek's baie seker dat dit nog steeds lekker gevier is.
Laat gelukwensing aan:
SUZAAN VAN NIEKERK

op die 10 de
**********
MARIUS GEYSER
op die 11 de
en
CELESTE VON MOLENDORF
op die 13 de
Ek is seker julle het 'n wonderlike dag gehad
Ons wens vir julle 'n jaar toe waarin al jul drome waar word!

Wednesday, January 5, 2011

Die jaar 2010

Die jaar 2010 is verby en ons kan terugkyk op 'n jaar waar die familie werklik geseend is. Nuwe lede is hetsy met troues of geboortes bygevoeg.

As ek nou so bietjie terugkyk op dit, wil ek net noem dat daar wel nog toevoegings was waarvan ons geen inligting gekry het nie. Ek glo dat ons in 2011 nog meer met mekaar sal deel oor wat in ons onderskeie families gebeur, omdat elke keer dat daar 'n nuwe babatjie, troue, verlowing, prestasie of selfs net 'n kuiertjie met familie is, is dit nie deur ons eie genade nie, maar deur Sy genade - en 'n groot rede om dit met die wereld te deel!

Indien julle nie al die nuus al gelees het nie, kliek op die onderstreep woord vir elke storie.

Wat die nuwe aangetroude toevoeging tot die familie betref, het ons in Maart die Verlowing van Madre en Ernst. Die eerste troue van die jaar is James (Holloway) - kleinseun van Billy met Leane. Terence (Fullex) - kleinseun van Dan trou met Andrea in September en in Oktober is dit Ilse - (Maritz) - kleindogter van Tossie wat met Marius trou. In November trou Madre (Dreyer) - kleindogter van Billy met Ernst.

Dit maak die familie van Billy die "trou-familie" van die jaar!

Ons is ook geseend met 'n klompie nuwe baba's. In Augustus verwelkom mamma Ursula en pappa Gerrit vir klein Emilie (agterklein dogter van tannie Babsie en kleindogter van Jeanette). November is dit mamma Chantal en pappa Juan se beurt om vir Franco in die familie te verwelkom (kleinseun van oom Sammy) en in Desember is dit mamma Tracey en pappa Werner se beurt om vir klein Jana in die familie te verwelkom (agterklein dogter van tannie Babsie en kleindogter van Jeanette)

Die "baba-familie" van die jaar is die familie van tannie Babsie!

"Ouma-van-die-jaar" is loshande Jeanette :-)

Julle ouens het maar min gehad waaroor julle wou spog vanjaar maar darem het ons gehoor van TJ Campbell en Viljoen Dreyer se rugbyprestasies

Die "blog-nuusmakers-van-die-jaar" gaan aan Tannie Ruth en Tannie Omie met stories van hulle in Junie en Julie en ek's seker daar is nog baie waarvan ons nie weet nie.

Die "partytjie-van-die-jaar" waarvan ons weet is hierdie een :-)

My "verslaggewer-van-die-jaar-2010" is RonelLe met Rene se dogters 'n kort tweede kop.

Van al tien kinders, was daar net een wie se familie vir ons geen inligting die jaar gegee het wat beteken dat ons redelik van almal ietsie gehoor het. Ek weet daar is 'n nuwe baba oppad in 2011 en ek hoop dat dit die jaar is van baie deel oomblikke.

VOORSPOEDIGE 2011 VIR JULLE ALMAL!! Mag ons die Nuwe Jaar elke dag bewus wees van God se grootheid en onderneem in 2011 iets so wonderlik dat God alleen die sukses daarvan kan waarborg!

Monday, January 3, 2011

Verjaarsdae 3 - 9 Januarie

En so breek die tweede week van Januarie alweer aan:

Hierdie week se ons geluk vir:

HENNIK DU TOIT

op die 5 de

***********

INA MARITZ

op die 6 de

***********

DAPHNE VILJOEN

op die 7 de

**********
BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAG
MAG DIT 'N WONDERLIKE DAG WEES
MET 'N JAAR WAARIN AL JULLE WENSE WAAR WORD