Wednesday, January 5, 2011

Die jaar 2010

Die jaar 2010 is verby en ons kan terugkyk op 'n jaar waar die familie werklik geseend is. Nuwe lede is hetsy met troues of geboortes bygevoeg.

As ek nou so bietjie terugkyk op dit, wil ek net noem dat daar wel nog toevoegings was waarvan ons geen inligting gekry het nie. Ek glo dat ons in 2011 nog meer met mekaar sal deel oor wat in ons onderskeie families gebeur, omdat elke keer dat daar 'n nuwe babatjie, troue, verlowing, prestasie of selfs net 'n kuiertjie met familie is, is dit nie deur ons eie genade nie, maar deur Sy genade - en 'n groot rede om dit met die wereld te deel!

Indien julle nie al die nuus al gelees het nie, kliek op die onderstreep woord vir elke storie.

Wat die nuwe aangetroude toevoeging tot die familie betref, het ons in Maart die Verlowing van Madre en Ernst. Die eerste troue van die jaar is James (Holloway) - kleinseun van Billy met Leane. Terence (Fullex) - kleinseun van Dan trou met Andrea in September en in Oktober is dit Ilse - (Maritz) - kleindogter van Tossie wat met Marius trou. In November trou Madre (Dreyer) - kleindogter van Billy met Ernst.

Dit maak die familie van Billy die "trou-familie" van die jaar!

Ons is ook geseend met 'n klompie nuwe baba's. In Augustus verwelkom mamma Ursula en pappa Gerrit vir klein Emilie (agterklein dogter van tannie Babsie en kleindogter van Jeanette). November is dit mamma Chantal en pappa Juan se beurt om vir Franco in die familie te verwelkom (kleinseun van oom Sammy) en in Desember is dit mamma Tracey en pappa Werner se beurt om vir klein Jana in die familie te verwelkom (agterklein dogter van tannie Babsie en kleindogter van Jeanette)

Die "baba-familie" van die jaar is die familie van tannie Babsie!

"Ouma-van-die-jaar" is loshande Jeanette :-)

Julle ouens het maar min gehad waaroor julle wou spog vanjaar maar darem het ons gehoor van TJ Campbell en Viljoen Dreyer se rugbyprestasies

Die "blog-nuusmakers-van-die-jaar" gaan aan Tannie Ruth en Tannie Omie met stories van hulle in Junie en Julie en ek's seker daar is nog baie waarvan ons nie weet nie.

Die "partytjie-van-die-jaar" waarvan ons weet is hierdie een :-)

My "verslaggewer-van-die-jaar-2010" is RonelLe met Rene se dogters 'n kort tweede kop.

Van al tien kinders, was daar net een wie se familie vir ons geen inligting die jaar gegee het wat beteken dat ons redelik van almal ietsie gehoor het. Ek weet daar is 'n nuwe baba oppad in 2011 en ek hoop dat dit die jaar is van baie deel oomblikke.

VOORSPOEDIGE 2011 VIR JULLE ALMAL!! Mag ons die Nuwe Jaar elke dag bewus wees van God se grootheid en onderneem in 2011 iets so wonderlik dat God alleen die sukses daarvan kan waarborg!