Tuesday, December 7, 2010

Nog 'n klein pop

Ons het nog nie amptelike foto's van die nuweling nie, het hierdie een by Anja "geleen".

BAIE GELUK mamma Tracey en pappa Werner (van Zyl) met die geboorte van klein Jana op 2 Desember. Sy het 2.5 kg geweeg en kyk net daai wakker klein ogies!

Ons bid julle baie vreugde toe met die nuwe kleinding.