Friday, May 30, 2008

Reunie slides - 3

Tannie Joy vertel dat sy saans na badtyd, kombuis toe gehardloop het waarvandaan oupa haar bed toe moes abba en dan het hy vir hulle in die bed gesit, bybel gelees en stories vertel en altyd geeindig met 'n liedjie wat hy gesing het.
Saterdagmiddae het oupa die groente geskil vir Sondagete en dan het hy vir die kinders mannetjies en patrone uit die pampoen skil gesny

Tuesday, May 27, 2008

Monique se "kombuistee"

Ronelle het vir ons hierdie foto's en kommentaar van Monique se "kombuistee" gestuur.
Die koektafel vir die 'high tea' vir Monique se Lingerie partytjie Saterdag met die stunning skildery wat Monique vir my vir Kersfees gemaak het in die agtergrond
So bietjie nader
die tannies wag...
en nog tannies wat wag...
Hier kom sy in - gaan sommer aan die giggel ...
en tranerige ogies...
sy moes paar vragies oor Renier antwoord en as sy verkeerd raai moes sy ietsie doen. Hier moet sy paar danspassies uitvoer
weer verkeerd geraai, en toe moet sy ballet
Monique, Anneke en paar vriendinne
monique met geskenkie
Voor al die geskenke
nog 'n geskenkie aan die oopmaak
ek kon nie die geskenkie weerstaan...

baie opgewonde oor al haar geskenkies
Baie dankie dat julle dit met ons gedeel het. Vragie .....
Wie behalwe Monique is amper op elke foto? Het ons 'n nuwe tannie Tossie hier?
Ons sien uit daarna om die troufoto's te sien en STERKTE met al die reelings!!!!
(Kom aan julle ander, daar moet seker 'n bietjie gesinsfoto's wees om met ons te deel?)

Monday, May 26, 2008

Verjaarsdae 26 Mei - 1 Junie

Die week het ons net manne wat verjaar. Vandag op die 26 ste is dit 'n twee swaers wat verjaar!


BAIE GELUK MET JOU VERJAARSDAG

HOOP DIS 'N BAIE SPESIALE DAG VIR JOU




Mooi wense vir jou ook vandag

Baie lekker verjaar!




Wat die 27 ste Verjaar

Baie Geluk met jou verjaarsdag

'n Mooi jaar word jou toegewens

Saturday, May 24, 2008

Reunie slides - 2

Daar word vertel dat Oupa 'n man van min woorde was (dan aard meeste van ons seker na ouma) en dat die kinders baie respek vir hom gehad het.Hy het egter nooit die dogters pak gegee nie, maar die seuns het hulle pak op hul tyd gekry. Hy wou nooit he die kinders moes sien hoeveel geld hy in sy beursie het nie, en as hulle vir hom geld gevra het, het hy altyd sy rug gedraai en die geld uitgehaal. As die kinders dan omstap het hy weer anderkant toe gedraai met 'n groot glimlag op sy gesig. Ek hoor daardie beursie het tannie Tossie geerf wat dit weer op haar beurt vir tannie Joy gegee het.

Friday, May 23, 2008

Klein Kristen word ingeseen

Pieter Stemmet (van oom Kowie & tannie Joy) stuur hierdie nuus en foto's vir ons. Hulle kleinding Kristen is verlede Sondag by die Aanbidding Lewenssentrum in Alberton ingeseen.Hier hou mamma Elmarie haar vas. Pieter se dit was 'n baie spesiale dag en selfs sy ouers en susters het van Kaapstad af gekom. Blykbaar was Kristen maar bietjie grieperig, maar sy het gereeld gelag selfs in die kerk.
Baie geluk Pieter en Elmari en mag sy vir julle net een groot vreugde wees!!

Tuesday, May 20, 2008

Ons dink aan jou

Julle sal onthou dat in ons eerste inskrywing het ek vertel dat Marius (van Oom Henry) vir 'n operasie gegaan het. Die operasie was 'n sukses maar hulle het kankerselle gekry.

Marius sal binne die volgende week of twee met chemo en bestraling begin vir 'n tydperk van ses weke.

"Comfort is not given to us when we are lighthearted and cheerful. We must travel the depths of emotion in order to experience comfort - one of God's most precious gifts."

Ons bid vir jou en jou familie in hierdie tydjie wat voorle.

Hou ons asseblief op hoogte van hoe dit met jou gaan! (Dankie Christelle vir die laat weet)

Monday, May 19, 2008

Verjaarsdae 19 - 25 Mei

Ons verjaarsdae hierdie week is:




Wat op die 19 de Verjaar


Baie Geluk met jou verjaarsdag en ons mooiste wense vir die res van die jaar!!



en sy tannie


wat beide die 23ste verjaar.


Hoop julle het 'n wonderlike dag, baie geluk!!






Ons oudste neef verjaar die 24ste.


Ons beste wense vir 'n wonderlike jaar


saam met hom is dit ook





se 20ste verjaarsdag


Baie geluk met jou verjaarsdag seun, ons hoop jy het 'n wonderlike dag!



Onthou om hulle bietjie geluk te wens met 'n oproep, sms, boodskap op die blog of epos.