Wednesday, May 7, 2008

Die mighty man konferensie in Natal deur Sarel

Ek sukkel nog maar om nuus en foto's uit julle klomp te kry en ek weet nie wie het sover op ons blog ingeloer nie. Sal oor die naweek kyk wie die uitnodiging wat per epos uitgegaan het aangeneem het, maar sal intussen dit waardeer as julle sal laat weet wie hier lees. Dankie vir Sarel wat die nuus vir ons gestuur het. Ek is seker dat in die familie van 130+ is daar sekerlik nog nuus of sommer net lekker kuier met foto's. Kom ons raak betrokke en deel van mekaar al is dit net met mails.


Ek een van die bevoordegte 66,000 wat verlede naweek op oom Angus Buchan se plaas gekuier het. Ek dink nie dat iemand al soveel mense oorgenooi het om 'n naweek te kom kuier nie.
Die Vrydagaand het ons in 'n 10km tou gestaan om by die plaas in te kom en ons het 4 uur gery voor ons op die plaas gestop het. Die ouens wat uitgeklim het en gestap het, het voor ons op die plaas aangekom.
Dit was 'n onbeskryflike ervaring gewees om tussen soveel mans te wees wat die Here aanbid met volle oorgawe! Ons was in die grootste tent in die wêreld en het aan al 4 kante onder die dak uitgesit, omdat die tent net 35,000 kan vat.

Ons het vir die eerste sessies 2 uur voor die dienste begin het in die "kerk" gewees en die Sondagoggend 3 ure, net om sekerte maak dat ons nie buite die tent hoef te sit nie.Oon Angus het geen formele kerk opleiding gekry nie en tog is sy boodskappe baie diep en duidelik gewees! Hy het vele getuienisse met ons gedeel van waar die Here hom al bygestaan en voorsien het. Hy was 'n ware insperasie vir ALMAL. Hy het vir ons gesê dat God vir hom meer werklik is as ons wat voor hom sit. Die het my diep geraak. Die Here het al vele wonders vir en deur hom gedoen en jy kan uit sy stories aflei dat hy BAIE tyd met God spandeer.Ek glo dat die Here besig is om Sy kerk voor te berei vir groot dinge, maar net die wat hulle ernstig daartoe beywer sal dit ontvang. (Mat 11:12 Sedert die dae van Johannes die Doper tot nou toe breek die koninkryk van die hemel vir homself ‘n pad oop, en mense wat hulle kragtig inspan, kry dit in besit.) Ek wil beslis nie uitmis nie!!!Sien paar fotos wat ek aangeheg het...Groete

2 comments:

oakleyses said...

vmichael kors outlet, polo ralph lauren outlet, ray ban sunglasses, tiffany and co, true religion jeans, michael kors outlet, michael kors outlet online sale, gucci outlet, nike shoes, longchamp handbags, true religion jeans, prada handbags, louis vuitton outlet stores, christian louboutin, jordan shoes, louboutin outlet, air max, louis vuitton outlet, coach outlet, kate spade outlet, coach factory outlet, prada outlet, oakley sunglasses, tory burch outlet, nike free, michael kors outlet, air max, longchamp outlet, michael kors outlet, burberry outlet, louis vuitton outlet, oakley sunglasses, louis vuitton handbags, louboutin, louis vuitton, polo ralph lauren, tiffany and co, burberry outlet, michael kors outlet, oakley sunglasses cheap, ray ban sunglasses, kate spade handbags, coach purses, longchamp handbags, chanel handbags, coach outlet store online, louboutin shoes

oakleyses said...

abercrombie and fitch, canada goose jackets, uggs, vans shoes, soccer shoes, jimmy choo outlet, chi flat iron, uggs outlet, ugg boots, ghd, herve leger, bottega veneta, p90x, lululemon outlet, valentino shoes, marc jacobs, instyler, reebok outlet, asics running shoes, babyliss pro, ugg, mont blanc, mcm handbags, canada goose, north face outlet, insanity workout, nike roshe run, hollister, canada goose, wedding dresses, ugg boots clearance, ugg australia, ferragamo shoes, ugg boots, nfl jerseys, celine handbags, rolex watches, canada goose, canada goose outlet, giuseppe zanotti, beats by dre, ugg pas cher, new balance shoes, birkin bag, mac cosmetics, north face jackets, soccer jerseys