Friday, May 16, 2008

Reunie slides - 1

Van julle het vir my gevra oor die foto's en staaltjies wat ons by die reunie gewys het, so ek sal weekliks een van hulle opsit en vertel. Dis baie maklik om die foto's te safe van die blog en ook om die stories te cut and paste sou julle wil.
Soos baie van julle het ek nie vir Oupa geken nie, maar die prentjie wat ek van hom gekry het deur al die stories en staaltjies is dat hy 'n besondere man was. Lief vir sy kinders, lief vir musiek, ferm met 'n sagte hart en 'n regte plaatjie.

Ouma het ek wel die voorreg gehad om so 'n bietjie te ken en soos al die niggies en nefies het ek ook gedink ek's 'n favorite .....totdat Valerie se epos by my aangekom het en ek met 'n slag besef het dat hierdie spesiale vrou vir ons almal ewe lief was - so lief dat sy elkeen van ons laat voel het asof ons die liefde in haar lewe is. Ek weet nie of hier 'n kind of kleinkind watg ouma geken het, sit, wat nie gedink het sy/hy was haar witbroodjie nie. Ek weet egter dat vir my, al was ek klein, ouma se voorbeeld iets is wat ek net kan droom om na te volg.