Friday, May 23, 2008

Klein Kristen word ingeseen

Pieter Stemmet (van oom Kowie & tannie Joy) stuur hierdie nuus en foto's vir ons. Hulle kleinding Kristen is verlede Sondag by die Aanbidding Lewenssentrum in Alberton ingeseen.Hier hou mamma Elmarie haar vas. Pieter se dit was 'n baie spesiale dag en selfs sy ouers en susters het van Kaapstad af gekom. Blykbaar was Kristen maar bietjie grieperig, maar sy het gereeld gelag selfs in die kerk.
Baie geluk Pieter en Elmari en mag sy vir julle net een groot vreugde wees!!