Monday, June 29, 2009

Verjaarsdae 29 Junie - 5 Julie

Hierdie week se ons geluk aan die volgende persone wat almal op dieselfde dag verjaar, so dit gaan nogal 'n besige Sondag wees :-).

ANTON
Prinsloo
(Denise se skoonseun)
*************
CHRISTELLE
Roy
(Maxie se oudste dogter)
*************
RONELLE
Du Toit
(Enige iemand wat haar nie ken nie?)
**************
BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAG HIERDIE WEEK
WENS JULLE 'N WONDERLIKE DAG EN JAAR TOE
En sommer aan almal wat hier lees
'n Goeie week vir julle en vasbyt
een of ander tyd gaan daar iets in jou lewe gebeur
wat jy op trots is en met ons wil deel ;-)!!!

Monday, June 22, 2009

Verjaarsdae 22 - 28 Junie 2009

Ek is hierdie week gruwelik laat met die verjaarsdae, maar het gesukkel om 'n inskrywing te pos met stelsel probleme --- dit blyk nou uitgesorteer te wees ---- en ek hoop dat die twee wat hierdie week verjaar het, sommer lekker verjaarsdag gehou het!
OP DIE 26 STE
JAMES
(Holloway)
en
OP DIE 28 STE
MELANIE
(Preuss)
BAIE GELUK MET JULLE TWEE SE VERJAARSDAG
HOOP DIE DAG WAS BAIE SPESIAAL
BESTE WENSE VIR 'N MOOI LEWENSJAAR WAT VOORLE

Monday, June 15, 2009

Verjaarsdae 15 - 21 Junie 2009

In die lekker koue van Junie se ons GELUK aan die volgende persone wat verjaar!

OP DIE 18 DE

JESSICA VILJOEN
(Oom Dan se kleindogter)

WORD 11 JAAR OUD!

en

OP DIE 20 STE

MARIE (BOKKIE) VILJOEN

WAT HAAR 73 STE VERJAARSDAG VIER


BAIE GELUK AAN JULLE EN

MAG HIERDIE NUWE LEWENSJAAR

PROPVOL VREUGDE, SEENINGE EN GOEIE GESONDHEID WEES

Thursday, June 11, 2009

Ouma Denise wys haar kleinkinders

Ouma Denise van Vuuren wil darem ook 'n bietjie spog met haar 5 kleinkinders en se hulle is haar trots. Denise hulle is seker darem nie so "stout" soos hulle ouma was nie ne? :-)Hier is sy saam met Colette, (Debbie en Fanie Germishuys se dogter) wat vanjaar in graad 4 is. Colette het 'n gehoorprobleem en na 'n operasie is sy baie beter. Daar le nog 'n operasie voor later vanjaar en ons glo en vertrou dat dit 'n groot sukses gaan wees. Dan is daar nog Debbie en Fanie se twee seuns Stephan (13 jaar) wat haar oudste kleinkind is en Henco wat 8 jaar oud is. Die mannetjie wat so mooi vir die kamera glimlag is Andre, die seun van Lynette en Anton Prinsloo en hy was Maart 2 jaar oud.. Die jongste van die kleinkinders is klein Lisa, dogter van Adele en Tim Burden wat in Oktober 2 jaar oud word.
Baie dankie vir die deel van die foto's Denise .... kom nou al die ander ouma's en oupas!?

Tuesday, June 9, 2009

Van die Oberholzers

Hallo daar,
Ons wil net weer nog 'n paar fotos van Michael met julle deel. Sy nek raak nou al hoe sterker en hy geniet al die aandag wanneer hy sulke goed regkry. Snaaks hoe die kleinste dinge weer opnuut 'n knop in die keel gee en jou opgewonde maak.
So van die klein goedjies gepraat, skoonmense gee mos vir 'n paar van die bosslapers hier naby kos en dit is mos nou NAT in die Kaap. Gister het hulle melkhouers vol warm koffie gemaak en vir hulle geneem. Hulle kon nie hul geluk glo nie. Heelwat van hulle het sooooo lank laas enigiets warms ge-eet, of gedrink. Dit klink na so 'n klein en eenvoudige ding vir ons wat dalk nou sit en koffie drink terwyl ons emails skryf en lees, maar volgende keer as jy weer die ketel aansit, sĂȘ net weer vir die Here dankie vir jou voorregte!
Terug by Michael, hy hou verskriklik baie van bad en die is gewoonlik een van die hoogtepunte van ons almal se dag. Dan is dit 'n gelag en gespat totdat die uitklim moet kom.... Hoop julle geniet die fotos!
Lekker week!!!
BlessingsSarel
(Dankie Sarel!)

Monday, June 8, 2009

Verjaarsdae 8 - 14 Junie 2009

Terug in die bakoond van die UAE en verjaarsdagwense vir:

KARIN KOEN
(Skoondogter van Valerie)
op die 8 ste

saam met

SAREL OBERHOLZER
(Christelle se man)

'N WONDERLIKE DAG VIR JULLE
EN 'N BAIE GESEENDE NUWE LEWENSJAAR!

Tuesday, June 2, 2009

Hallo julle almal


Hierdie klein poplap, Marizelle is nou 'n hele 7 maande oud en verskriklik oulik! Dankie Ilse dat jy so gereeld vir ons foto's stuur.


Daar is 'n klomp ander kleingoed van wie ons lanklaas gehoor (gesien) het en natuurlik ander wat ons nog glad nie gesien het nie --- kon aan julle deel 'n bietjie!! Net so vinnig dink ek aan klein Maya en Euan, Liza, Andre, Kristen, Danae en almal wie ek uitgelaat het.

Monday, June 1, 2009

Verjaarsdae 1 - 7 Junie

'n Baie stil week vir verjaarsdae....

NATALIE
Rossouw
kleindogter van oom Deon
VERJAAR
DIE 3 DE
BAIE GELUK MET JOU VERJAARSDAG NATALIE
ONS WENS VIR JOU NET DIE MOOISTE DAG EN
LEWENSJAAR TOE.