Monday, December 27, 2010

Verjaarsdae 27 tot 2 Januarie

Ek vertrou dat julle almal 'n wonderlike geseende Kersfees saam met julle familie en geliefdes gehad het. As daar enige mooi foto's van hierdie tyd is, en ek glo julle sou die spesiale tye op 'n foto wou verewig, deel dit bietjie met ons.
Ek hoop dat na al die kersgeskenke julle ook onthou het om vir die volgende verjaarsdagmense te koop :-)
MEGAN WUISTER
en
TYRA VILJOEN
op die 28 ste
**********
TRISTON CALLAGHAN

op die 30 ste
**********
LINDI KROUWKAM

en
TIAAN SMIT
op die 31 ste
**********
en
JOHAN CAMPBELL
op die 1 ste
BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAG
HOOP JULLE WORD LEKKER BEDERF
EN MAG DIE NUWE LEWENSJAAR
PROPVOL SEENINGE WEES

Tuesday, December 21, 2010

Kerswense van tannie Omie

AAN AL MY FAMILIE HIER OP DITJIES EN DATJIES
BESTE WENSE VIR 'N GESEENDE KERSFEES
EN GELUKKIG NUWE JAAR
MAG JESUS LIEFDE ALTYD MET JUL WEES!
DIE WAT MET VAKANSIE GAAN -
GENIET DIT EN KOM VEILIG TERUG!
LIEFDEGROETE
TANNIE NAOMI



Monday, December 20, 2010

Verjaarsdae 20 - 26 Desember

Ampertjies Kersfees ..... hoop almal se kersgeskenke is al gekoop .... en moenie dat die verjaarsdagouens hierdie week net een persentjie kry nie.

Baie geluk
MARIAAN VILJOEN
saam met
TERTIA DREYER
en
WILLA ROSSOUW
op die 25ste
***************
FANIE GERMISHUYS
op die 26ste
***************
Hoop julle het 'n wonderlike geseende dag
en 'n baie besonderse nuwe lewensjaar

Sunday, December 19, 2010

Kerswense van die de Gouveia familie


Wat ek graag wil hê vir ons familie is dat die klokke in elke een se lewe sal lui en mooi tye sal aankondig, dat elkeen voorspoed en God sal ervaar.
Dat God vir elkeen in 2011 tasbaar sal wees. Dat die engele vir jou boodskappe sal bring van gesondheid, liefde en vrede.

Ons het so ‘n tragiese paar jare agter die rug en as ek die nuus lees op die blog lyk dit vir my asof mooi en gelukkige dinge aan die gebeur is. Daar was ‘n hele paar troues en nuwe toevoegings tot die familie. Ek hoop dat 2011 niks hartseer en ongelukkigheid inhou nie, net wonderlike uitdagings en ervarings….

Mag elkeen ‘n Geseënde Kersfees & ‘n Voorspoedige Nuwejaar hê!

Al Ons Liefde

Lino, Benitha & Diego de Gouveia



glitter-graphics.com

Saturday, December 18, 2010

Die Du Toit’s se kerswense


Ek hoop julle't 'n wonderlike geseënde Kersfees

en 'n baie vreugdevolle 2011

Seën en liefdegroete vanuit Robertson

Estelle, Johan en seuns


Friday, December 17, 2010

Kersgroete van Oom Henry en gesin


Henry en Beatie wens ons hele familie 'n baie geseende Christusfees toe

en 'n pragtige en voorspoedige Nuwe jaar.

Andre, Karin en Wiaan, asook Sarel, Christelle en Michael

wil ook net vir almal geseende Kersfees toewens.

Ons hoop die nuwe jaar sal net mooi dinge inhou en

ons wil darem net byse moenie vergeet om mekaar te waardeer nie

elke oomblik saam te koester nie.



Thursday, December 16, 2010

Kersgroete van die Fullex gesin


Die familie wat verseker vanjaar die "meeste" uitgebrei het - die Fullex gesin!

Geseende Kersfees aan al die oues en die nuwes.

Mag al jul drome bewaarheid word in die nuwe jaar.

Gesondheid en liefde sal met julle wees.


Al ons liefde


John & Linda (Fullex) Terence en Andrea (Fullex) Michael & Laurielle (De Lucchi) En Kenny & Joan (Brown).



Wednesday, December 15, 2010

Liewers laat as nooit

Ek is bietjie laat met hierdie gelukwensing, maar is baie bly dat ek daarvan in kennis gestel is. Dit kan nooit te laat wees vir gelukwensing nie. Linda en John (Fullex) het op 1 Desember hulle 37ste huweliksherdenking gehad. Regtig 'n besonderse jaar met baie blessings wat julle in 2010 gehad het Linda. Baie geluk met die herdenking en mag die volgende baie jare vir julle net hope vreugde en blessings inhou!

Kerswense van die Smit familie

Baie geseende kersfees aan al my familie.
Die wat my ken en die wat my nie ken nie. Ons is familie!
Hoop julle is baie geseend en geniet die laaste dae van die ou jaar.
Liefde Rene en familie



Tuesday, December 14, 2010

Kerswense van die Campbells

Ons wil almal 'n Geseënde KERSFEES toewens
en dat ons altyd sal onthou dat dit 'n baie spesiale dag is.
Dis so wonderlik om te weet dat vlgns die woord in Luk 2:11
vir ons die Verlosser gebore is Christus die Here
en dat dit ons dankie dag is met klokke wat lui
en geskenke wat oor en weer uitgedeel word
en kerse wat opgesteek word
want die hele wêreld bring hulde aan die Kind in die Krip
wat elke mense-hart wat Hom erken as hul Saligmaker
kom vul met Sy teenwoordigheid.
Ons bede is dat almal in vrede dit sal vier by hul gesinne
en die wat reis veilig sal aankom by hul bestemming..
Baie liefde aan almal elkeen
van groot tot klein want elkeen is baie spesiaal.
oom Thomas en tannie Ruth



Monday, December 13, 2010

Verjaarsdae 13 - 19 Desember

Die jaar spoed nou vinnig verby en volgende week herdenk ons Christus se geboorte. Ons verjaarsdae hierdie week is:

RUAN HAMMAN

op die 13 de
***************
JUAN PIENAAR
op die 18 de
saam met
SOUNEKE BASSON
wat haar 1ste verjaarsdag vier
***************
ZET VILJOEN
op die 19de
***************
BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAG
EK HOOP DAT IN DIE BESIGE TYD, JULLE NOG STEEDS
'N WONDERLIKE DAG VAN BEDERF SAL HE
EN DAT DIE NUWE JAAR WAT VOORLE
NET DIE MOOISTE VIR JULLE SAL INHOU

Tuesday, December 7, 2010

Nog 'n klein pop

Ons het nog nie amptelike foto's van die nuweling nie, het hierdie een by Anja "geleen".

BAIE GELUK mamma Tracey en pappa Werner (van Zyl) met die geboorte van klein Jana op 2 Desember. Sy het 2.5 kg geweeg en kyk net daai wakker klein ogies!

Ons bid julle baie vreugde toe met die nuwe kleinding.

Monday, December 6, 2010

Verjaarsdae 6 - 12 Desember

Hierdie week se ons geluk aan



MADRE PETERSEN

(Tertia se dogter)


op die 6 de


***************


ANJA SMIT

(Rene se dogter)


saam met


FRANCOIS VILJOEN

(Pieter se seun)


op die 7 de


***************


DIEKIE OOSTHUIZEN


saam met


CHRISTA VERMEULEN


op die 9 de


***************

AMANDA CALLAGHAN


saam met


GIDEON VAN NIEKERK

op die 10 de


BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAG


HOOP JULLE HET 'N WONDERLIKE DAG


EN 'N NUWE JAAR VOL BLESSINGS