Wednesday, December 15, 2010

Liewers laat as nooit

Ek is bietjie laat met hierdie gelukwensing, maar is baie bly dat ek daarvan in kennis gestel is. Dit kan nooit te laat wees vir gelukwensing nie. Linda en John (Fullex) het op 1 Desember hulle 37ste huweliksherdenking gehad. Regtig 'n besonderse jaar met baie blessings wat julle in 2010 gehad het Linda. Baie geluk met die herdenking en mag die volgende baie jare vir julle net hope vreugde en blessings inhou!