Monday, July 26, 2010

Verjaarsdae 26 – 1 Augustus

Hallo daar vanaf 'n klein dorpie Menerges in die Suide van Frankryk! Ek is tans op 'n ma-en-dogter-toer in Europa en julle kan gerus hier loer oor wat ons aanvang of nie aanvang nie.

Ons verjaarsdae hierdie week is:

MARTIN FREEMAN
(Claudia se man)

op die

27 ste

*****************

CHANTEL PIENAAR

(Oom Sammy se dogter)

op die

28 ste

*********************

MICHAEL PREUSS

(George se seun)

op die 30 ste

saam met

GAWIE ROSSOUW

BAIE GELUK ALMAL VAN JULLE

HOOP DIS 'N BEDERFDAG EN DAT DIE NUWE JAAR VOL BLESSINGS IS

Monday, July 19, 2010

Verjaarsdae 19 – 25 Julie

Dit lyk asof die nuus en foto's 'n bietjie opgedroog het. Nie dat daar niks gebeur nie, seker die sokker wat jul so besig gehou het, maar nou is dit verby en ek ontvang graag die foto's :-). Rene ek dink jy spesifiek skuld my.

Hier in die woestyn dooi ons van die hitte, maar volgende week gesels ek met julle uit Frankryk uit.

Ons verjaarsdae hierdie week is:

GERRIT MARITZ

op die 19 de

saam met

VINCENT GROBLER

(Debbie se man)

en

SANDRA ROSSOUW

********************

Op die 22 ste

se ons geluk aan

JACO HAMMAN (Jnr)

(Marie se oudste)

ONS HOOP JULLE HET ALMAL 'N WONDERLIKE DAG

EN SPESIALE NUWE JAAR

LEKKER VERJAAR!!!

Monday, July 12, 2010

Verjaarsdae 12 - 18 Julie

Baie geluk met julle verjaarsdae hierdie week:

PIETER VILJOEN
(Oom Dan se kleinseun)
op die
16 de
en
Oom Kowie Stemmet
op die
17 de
Ek hoop dis 'n wonderlike dag en dat julle lekker
bederf gaan word.
Net die mooiste vir die nuwe lewensjaar vir julle
en mag dit propvol blessings wees.

Monday, July 5, 2010

Verjaarsdae 5 – 11 Julie

Al die verjaarsdae is sommer hierdie week op een dag.


BAIE GELUK - geen spesifieke ouderdom volgorde nie :-)


OP die 5 DE

mon-11

RONELLE DU TOIT

(tannie Ruth se dogter)


CHRISTELLE ROY

(oom Piet se kleindogter)

en

ANTON PRINSLOO

(Lynette se man)

ONS WENS JULLE 'N WONDERLIKE DAG PROPVOL BEDERF EN

'N WONDERLIKE GESEENDE LEWENSJAAR TOE

Thursday, July 1, 2010

Twee tannies en een oom in die Overberg

Die grootste nuusmakers op die familieblog is verseker die twee tannie. Ek weet dat tannie Joy en oom Henry verseker ook nie niks doen nie, maar iewers is daar iemand "erger" as my korrespondent wat werklik nie die kamera's onthou nie, want ons sien en hoor niks van die twee nie :-). Dankie Ronel met die dubbel Le vir die aanstuur.

100_2278



Dit blyk die groepie was oorspronklik oppad Struisbaai toe en toe sommer orals langs die pad gestop het. Waar ons gewoonlik by Dassiesfontein gaan eet, (hulle het 'n lekker restaurant) het die drie heelwaarskynlik onder die invloed van hulle gids, die wynkelder gaan besoek. En so goed soos wat die gids weet hoe om 'n bottel oop te maak (ek soek nou daai video), so goed ken die tannies die wyne (loer hier).

Page1

Arniston lyk vir my lekker koud so terwyl die tannie "pose". Oom Thomas sit maar en boek lees.

Page2

Die Intshiba craft winkel is ook een van die stopplekke. volgens die toergids het hulle by elke winkel en restaurant gestop :-). Selfs roomys in die koue geeet. Oom Thomas het die vroue gehelp om nie teveel geld uit te gee nie.

100_2300

Dit lyk darem asof hy ook 'n kansie gehad het om iets aan te pas, al is dit 'n hoed.

Page3

In Bredasdorp by 'n lekker teetuin is daar heerlik gekuier en grappies gemaak wat hulle nie wil deel nie. Ongelukkig kan mens nie liplees nie, maar wat ek van daai venstertjie by daai teetuin onthou is 'n badkamer :-).

Page4

Dit lyk asof die drie van hulle sommer 'n baie lekker kuiertyd gehad het en dat daar sommer baie gelag is.

Dankie dat julle so mooi vir ons "gepose" het vir foto's en dankie Ronelle dat jy nie net jou kamera onthou het nie, maar selfs die battery gelaai het.

Rene, jy weet jy het nou 'n opdrag ne?!