Tuesday, September 30, 2008

Verjaarsdae 29 September - 5 Oktober

Skuus aan almal ek's 'n daggie te laat hierdie week, maar dis nog betyds om die verjaarsdag mense geluk te wens.






PREUSS
(dogter van Michael en Chanon)
word vandag, op die 30ste
4 jaar oud
BAIE GELUK ONS HOOP DIT WAS 'N
WONDERLIKE DAG!!



NEETHLING (Ronelle en Hennik du Toit se dogter)

VERJAAR OOK DIE 30ste

BAIE GELUK MET JOU VERJAARSDAG

ONS HOOP DIT WAS 'N WONDERLIKE DAG

(Spesiale boodskap van jou ouers ontvang vir jou ...)

Hulle verlang en wens hulle was saam met jou

vandag in Dubai om dit te vier!

Vir julle wat met haar daar in die UAE wil

kontak maak, die epos adres is:

moniqueneethling@gmail.com en haar sel nr.

+971557358725

*******************************

Op die 2de OKTOBER is dit tannie


SE BEURT OM TE VERJAAR

baie geluk ons wens jou 'n mooi

jaar toe en hoop dat die dag baie spesiaal is!

As ek enigiemand uit los vra ek omverskoning, laat my weet seblief!

Thursday, September 25, 2008

'n OU niggie van my

Ek het gedink dat van ons so min van mekaar weet, dat ons dit bietjie moet deel. Het natuurlik ook in 'n mail aan julle almal gevra vir inligting .... hoop dat julle ook graag meer van ou niggies en nefies wil weet en my sal help met stories. Wie van julle onthou vir die vreeslike "stout" Rene :-)? (Wel ek onthou haar as stout - Dis nou tannie Babsie en oom Preuss se jongste)? Sy en haar man Chris het twee dogters, Anja en Leana (Rene is die kleintjie op die foto)en 'n seun Tiaan en hulle bly in die mooie Wellington. Ek het nou met my kort vakansietjie by hulle deli "Deli-licious" gaan inloer en teedrink. Mens kan oa die lekkerste tuisgemaakte konfyte en vars gebak daar koop. Hier is Anja besig om verskillende tee's uit te probeer vir die winkel. Dit lyk amper soos wynproe, mens ruik en proe. Rene maak vir ons tee terwyl my ma (Bokkie) oor die toonbank loer (solank sy net nie onder die onderdeur loer nie). En het ons lekker gekuier en gesels in die Deli!!
As julle weer deur Wellington ry, moenie vergeet om daar te stop en hallo te se nie. Ek kan natuurlik nie waarborg as julle die lekker goed ruik dat julle nie sal koop nie.

Monday, September 22, 2008

Kan hulle kuier ?!?

Met my onlangse kuiertjie in Suid-Afrika, en meer spesifiek in Durbanville, Kaapstad, het ek hierdie groepie vroue by 'n TV opname vir Kyknet raakgeloop. Miskien herken julle 'n paar van hulle. 'n Lawaaierige, snaakse klomp bymekaar en party het hul borde op hul kop gehou (Christa, Jeanette, Tracey en Ursula). Daar is gepraat en beduie dat die biesies bewe en aan die glimlag is ek amper seker iets stouts word gese (Rene & Ronelle). Van die ouer vroue het die kunstenaars wat sou optree geken en ek het gehoop dat hulle teenwoordigheid darem die vroue in toom sou hou. (Ek ken nou ook mense wat saam met Tommie op skool was). Die jongeres was by tye erg geskok oor die voorbeeld van die ouer vroue (Leana & Anja). Hierdie ma en haar dogters was egter reg vir pret (Jeanette, Tracey en Ursula). As julle nog meer foto's wil sien, gaan loer op my blog hier
En toe die konsert begin is mense se ware kleure gewys.
En die voorbeelde was die voorbokke ..
Lekker saam met julle gekuier ouens!
ns Hou hier dop vir meer stories en videos tydens my kuier

Verjaarsdae 22 - 28 September

Weer 'n stil week vir VERJAARSDAE
lekker week vir julle almal!!

Saturday, September 20, 2008

Ek spog ook

Soos meeste van julle weet, was ek die afgelope twee weke bietjie in Suid-Afrika waar ek BAIE foto's vir die familieblog kon neem. Daarvan vertel ek julle eerskomende week ...lekker skindernuus moet dit nie mis nie :-). Ek sal ook weer die slides en ou stories laat hardloop. Maar eers wil ek ook bietjie spog .... James het hierdie week sy graad gekry en ek en my ma het die gradeplegtigheid in Bloemfontein bygewoon. Hy is tans ook besig met sy honeursjaar waarvan daar nog twee maande oor is. Baie geluk seun, ons is baie trots of jou en sterkte met die eksamen.

Monday, September 15, 2008

Verjaarsdae 15 - 21 September


VAN ZYL

DIS jou VERJAARSDAG op DIE
21 STE
BAIE GELUK EN 'N MOOI DAG
EN JAAR VIR JOU!!

Thursday, September 11, 2008

Bekendes .....before and after :-)

Twee "bekendes" in die familie het 'n baie lekker meevallertjie gehad .... Eers was die lewe maar saai met niks om te doen nie, MAAR ... 'n polis betaal uit en dis tyd om die sjampanje uit te haal en die toergidse nader te sleep. En daar gaan hulle op 'n wereldreis met een van die luukse passasiersbote vir 'n besoek aan Frankryk en klomp ander lande ... LOL, nie ..



Hulle was modelle vir 'n nuwe advertensie van 'n groot maatskappy en julle sal orals by groot winkelsentrums foto's van die twee, tannie Ruth en oom Thomas sien. Wys jou net, mens is nooit te oud om bietjie pret te he nie.
Ns. Vir handtekeninge en miskien 'n tee of koffie saam met 'n "beroemde", kontak hulle agent Ronelle.
Oom Thomas het ook verlede week 'n operasie gehad en hy sterk goed aan. Ons is bly dit gaan beter.

Wednesday, September 10, 2008

Nou word sy groot

Ek het die volgende nuus van Michelle ontvang:


Hi Sandra,
My daughters just keep making me proud even with the little things in life
. Simone Viljoen (age 7) daughter of Michael & Michelle Viljoen and Granddaughter of Pieter Schalk Viljoen has sold her first front tooth to the tooth fairy. Congratulations, we are very proud of you. Now you have an even brighter smile.

Tuesday, September 9, 2008

'n Ooievaarstee

Verlede week is Ilse se Ooievaarstee in Worcester gehou en Lindi was so gaaf om van die foto's met ons te deel. Elkeen het so 'n mooi hartjie met 'n boodskappie gekry. Dis by die Karoo tuin gehou en die tafel het pragtig gelyk. Ilse met 'n paar van die gaste. Ek herken vir Zet en Bonita hier. Dan is dit tyd vir geskenkies oopmaak... Hulle weet reeds dat die kleinding 'n ou dogtertjie gaan wees. Hier kyk Ilse maar baie skepties na die potjie. Wonder of sy weet wat dit is :-).

Ons wag saam met julle vir die grootdag en onthou om vir ons foto's van die kleinding te stuur. Mooi kyk na jouself!