Wednesday, February 29, 2012

Die appel val nie ver van die boom

Ek het hierdie interessante beriggie ontvang wat ek graag met julle deel.

securedownload 1

Die ou op die foto is Johan Campbell toe hy 15 jaar oud was. Hy was daardie jaar die Victor Lodorum van sy skool en het oa 1ste gekom in die 100m; 100m hekkies; 200m en hoogspring.

securedownload 2

Die foto'tjie is van sy seun T.J ook 15 jaar oud. Hy was ook die jaar die Victor Lodorum van sy skool en 1ste in die 100m; 100m hekkies; 200m en hoogspring.

Bo en behalwe dit het beide in die ouderdom ook die 100m en 100m hekkies rekords gebreek.

Enige ander wat iets soortgelyks het om te deel?

Monday, February 27, 2012

Verjaarsdae 27 Februarie - 4 Maart

BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAE
LIAAN KOEN

op die 29 ste
**********
LAWRENCE FREEMAN
op die 1 ste
**********
DANELLE VILJOEN
op die 2 de
**********
HENCO GERMISHUYS
saam met
JULIA FREEMAN

op die 4 de
**********
BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAG
HOOP DIS 'N WONDERLIKE DAG
EN WONDERLIKE NUWE LEWENSJAAR

Monday, February 20, 2012

Verjaarsdae 20 - 26 Februarie

Hierdie week se verjaarsdae is:


WESLEY STRICKLAND
op die 20 ste

**********

HENNIE VAN VUUREN (Jnr)

op die 21 ste

**********

MARIUS KOEN
op die 22 ste
**********

KARLA ROSSOUW
op die 25 ste

**********
Baie geluk met julle verjaarsdae
Hoop dit was 'n spesiale bederfdag
en dat die nuwe lewensjaar net mooi dinge sal inhou.

Tuesday, February 14, 2012

Ons hou weer reunie - deel 1

Weereens 'n heerlike tydjie vir reunie. Ek dink die lekker van dit alles is dat ons nou nie mekaar net een keer elke hoeveel jaar sien nie, maar konstant kontak hou en bietjie opvang. 'n Groot blessing.


Page1


In opdrag van die tannies moes Rene 'n paar goed daar he vir wat hulle beplan en ons was baie nuuskierig om te kyk of ons nog weet hoe alles werk. Met die ouderdom in gedagte is daar ook voorsiening gemaak vir 'n besering of twee en behalwe vir die maagspiere wat deurgeloop het met al die lag, weet ek nie van iemand wat die noodhulp nodig gehad het nie :-).


Page2


Daar is opgevang, gesels, gekuier en foto's gedeel met almal. Ek dink volgende keer moet ek 'n scanner saambring om van die foto's op my rekenaar te kry. Vir een of ander rede is almal bang om hulle foto's te "deel" want dit kan "geleen" word :-). Sal dit die rede wees hoekom party van ons so met ons hande agter ons rug staan terwyl ons foto's kyk?


Page3


Van die klein en agterklein kinders het saamgekom en hulle het die heerlike hitte in Wellington geniet deur in die swembad te kuier. So een of twee niggies was ook braaf genoeg om die water aan te durf.


DSC_0023


Oom Henry het die kans gehad om 'n paar woorde te se en ook met gebed te open.


DSC_0025


En tannie Omie, synde die boffen met die sjampanje het die prop geskiet en soos altyd geskrik toe dit wel gebeur het.


Page4


Almal het piekniekmandjies gebring en daar is nog steeds lekker gekuier so tussen die eet


.Page5


En laat ons nie die maagspieroefeninge met lag vergeet nie. Hierdie groepie kan ek aflei het 'n ernstige storie met mekaar gedeel. Ek sal nog steeds graag wil weet wie het dit begin :-).


Page6


Sit 'n boksie fudge tussen die niggies en dit is wat gebeur. Kan hulle deel? Nee! Daar is "baklei" oor die inhoud wat net wys dat ouderdom niks met soetgoed en "dis myne" te doen het nie :-).


Ander goed het ook gebeur en ek vertel oormore meer ....

Monday, February 13, 2012

Verjaarsdae 13 - 19 Februarie

Hierdie week se ons geluk aan:

MARISKA BASSON


op die 16 de


**********


PETER CALLAGHAN


op die 19 de


***********


Baie geluk met julle verjaarsdae


Hoop dis 'n spesiale dag en wonderlike nuwe jaar!

Thursday, February 9, 2012

Nuutste familielid

Baie welkom in die familie klein Leanay! Mamma Ilse en pappa Marius en sussie is sommer baie trots op die nuweling. Sy's gebore op 1 Februarie in Walvisbaai en het 'n hele 3,58 kg geweeg en was 52 cm lank.

Baie geluk julle, mag sy vir julle net groot vreugde bring! En dankie dat julle haar inligting en foto's met ons deel, ons is saam met julle bly!


Vir die wat nie seker is nie, Leanay Geyser :-) is die agterklein kind van tannie Tossie en oom Gerhard en kleinkind van oupa Leon :-).

Monday, February 6, 2012

Verjaarsdae 6 - 12 Februarie

Ons se baie geluk aan die volgende familielede wat verjaar hierdie week:


EDDIE STRICKLAND


op die 11 de


**********


URSULA PIENAAR


op die 12 de


saam met


DANAE VON MOLENDORFF


**********


HOOP DIT IS 'N SPESIALE BEDERFDAG


EN WONDERLIKE NUWE LEWENSJAAR