Monday, June 30, 2008

Verjaarsdae 30 Junie - 5 Julie

Hierdie week het ons al ons verjaarsdae op eendag


Saterdag die 5 de




Baie Geluk met julle Verjaarsdag


Ons hoop dit is 'n wonderlike dag


en 'n jaar propvol goeie dinge!!



Roy (Maxie en Dixie se dogter)






Prinsloo (Denise se skoonseun)







Ons OU niggie wat .... jonk word

Saturday, June 28, 2008

Reunie slides - 6

Terwyl oupa saans vir die kinders stories vertel het, het ouma agter die masjien gesit en klere maak vir die Joodse winkel en privaatmense. Sy het al haar dogters en tannie klein Babsie se trourokke en die gevolg s'n gemaak

Die seuns se kortbroeke vir sport het sy van meelsakke, wat sy in jik laat le het, gemaak

Wednesday, June 25, 2008

Bietjie spog

Dis 'n feit dat ons baie sport, akademies en musiek talent in die familie het. Ek weet nie hoekom almal so "skaam" is om die inligting te deel nie, mens moet mos trots wees daarop .... gelukkig het ons van die ene gehoor. Ruan Hamman, Marie en Jaco se jongste het 'n goeie 2008. Nie net is hy Hoofseun van die Laerskool Swellendam soos ek al genoem het nie, maar is hy ook gekies vir die Boland Cravenweek groep. Hy speel flank in die 0/13 span. Hier is hy met sy Boland sweetpak. Baie geluk Ruan ons is almal baie trots op jou en weet dat dit sommer goed sal gaan volgende week.

Monday, June 23, 2008

Verjaarsdae 23 - 29 Junie

Hierdie week se verjaarsdae is ....


Verjaar op die 26 ste
Baie Geluk met jou verjaarsdag seun
Ons wens jou 'n mooi dag en jaar toe

en op die 28ste verjaar

Preuss

Wens vir jou ook 'n mooi dag en jaar toe!!

Friday, June 20, 2008

'n Koue kuier

Dankie aan die van julle wat laat weet het julle lees die familiestories, ten minste weet ek nou dis nie net ek nie. Maak asseblief 'n punt daarvan om die ouens wat julle gereeld sien te vra of hulle loer of nooi die ouens wat nie internet het nie, na 'n "koffie-lees-'n-blog-oggend".


My "hoof-korrespondent" in Suid-Afrika (dankie RonelLE met 'n dubbel L) berig dat sy verlede week die volgende mense in haar omgewing opgemerk het, en sy was sooooo oulik om vir my foto's te stuur. Dis reg ouens loop met daai kamera in jou handsak ons ander wil sien wat julle aanvang! Oom Henry, tannie Omie, tannie Beaty, Tes en my ma (Bokkie) "pose" vir die foto. Dit lyk baie lekker koud daar by julle. Ronelle en Tes. Hier kyk twee van hulle na Monique se troualbum.
Wat doen julle ander? Wat van 'n gesinsfoto of twee van julle families? Daar gebeur mos nie niks in mens se lewe nie!

Tuesday, June 17, 2008

Reunie slides - 5

Ouma se ma (ouma Anna Maria Carstens) het altzheimers gehad en omdat sy nie so goed onthou het nie, het sy altyd die kinder gebedjie gebid:
Anna Maria is my naam

Here maak my tog bekwaam

As ek sterwe ben ek dood

Begrawe my onder rose rood


'n Storie van ouma wat ek baie geniet het, was dat sy elke 2de maand die hele huis geskuif het. Nie net die meubels nie, maar ook die kamers. Die kinders het nooit geweet watter kamer hulle s'n is as hulle van die skool af kom nie (die rede hoekom ek dit so geniet is omdat my James net so 'n groot skuiwer van meubels is)

Monday, June 16, 2008

Verjaarsdae 16 - 22 Junie

Hierdie week se verjaarsdae is:



die dogter van Pieter Viljoen (van oom Dan)

wat


word op die 18 de

BAIE GELUK MET JOU VERJAARSDAG JESSICA!!!

en net so 'n klein bietjie ouer is


van Billy wat op die 20ste verjaar.

BAIE GELUK MET MA SE VERJAARSDAG EN ONS

WENS JOU 'N MOOI JAAR MET GOEIE

GESONDHEID EN MOOI DINGE TOE!