Wednesday, June 25, 2008

Bietjie spog

Dis 'n feit dat ons baie sport, akademies en musiek talent in die familie het. Ek weet nie hoekom almal so "skaam" is om die inligting te deel nie, mens moet mos trots wees daarop .... gelukkig het ons van die ene gehoor. Ruan Hamman, Marie en Jaco se jongste het 'n goeie 2008. Nie net is hy Hoofseun van die Laerskool Swellendam soos ek al genoem het nie, maar is hy ook gekies vir die Boland Cravenweek groep. Hy speel flank in die 0/13 span. Hier is hy met sy Boland sweetpak. Baie geluk Ruan ons is almal baie trots op jou en weet dat dit sommer goed sal gaan volgende week.