Friday, June 20, 2008

'n Koue kuier

Dankie aan die van julle wat laat weet het julle lees die familiestories, ten minste weet ek nou dis nie net ek nie. Maak asseblief 'n punt daarvan om die ouens wat julle gereeld sien te vra of hulle loer of nooi die ouens wat nie internet het nie, na 'n "koffie-lees-'n-blog-oggend".


My "hoof-korrespondent" in Suid-Afrika (dankie RonelLE met 'n dubbel L) berig dat sy verlede week die volgende mense in haar omgewing opgemerk het, en sy was sooooo oulik om vir my foto's te stuur. Dis reg ouens loop met daai kamera in jou handsak ons ander wil sien wat julle aanvang! Oom Henry, tannie Omie, tannie Beaty, Tes en my ma (Bokkie) "pose" vir die foto. Dit lyk baie lekker koud daar by julle. Ronelle en Tes. Hier kyk twee van hulle na Monique se troualbum.
Wat doen julle ander? Wat van 'n gesinsfoto of twee van julle families? Daar gebeur mos nie niks in mens se lewe nie!