Friday, June 6, 2008

Reunie slides - 4

Direk na die 2de wereldoorlog was alles skaars en het oom Piet (die oudste seun) nie sy eie motor gehad nie. Oupa het dan sy motor (met die naam van chocholate) vir hom geleen as hy en tannie klein Babsie wou see toe gaan, maar op 2 voorwaardes:

- dit moes in die dag wees
- oupa moes altyd saamgaan (en dan het hy vir tannie Babsie, oudste dogter, saamgebring)

Tannie klein Babsie se dat jy feitlik altyd vir oupa en tannie Babsie op hulle foto's sal sien.

Oupa en Ouma het ook hulle eie politieke denke gehad. Oupa was 'n NAT en ouma 'n SAP (wat ek dink weereens bewys hoe 'n merkwaardige vrou ouma was, want om van jou man op politieke vlak te verskil vroeer jare, was nogal iets). Oupa het gereeld gaan stem totdat hy agtergekom het ouma stem vir die ander party. Toe se hy maar "nee wat, ons bly maar by die huis want ons stemme kanselleer mekaar in elk geval uit". Tannie Ruth wat hierdie storie vertel se ook dat die tuinwerker wat die koeie gemelk het, ook altyd baie politieke stories vertel het wanneer hy gedrink was en dan het hy altyd vir hulle vertel "one day, we will outnumber you". Sy reken hy was toe al in die ANC.