Tuesday, August 30, 2011

Verjaarsdae 29 Augustus - 4 September

Hierdie week se ons geluk aan ....


LEON MARITZ


op die 3 de


en


STEPHAN GERMISHUYS


op die 4 de


BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAE


HOOP DIS 'N BAIE SPESIALE DAG EN JAAR

Thursday, August 25, 2011

Die familie vroue kuier - deel 2 - baie onthou's

En soos die mense aankom word daar gelag en gesels dat mens hul wie weet waar kon hoor. Ook maar goed Rene se huis is nie naby ander nie, anders was daar moeilikheid.

Met die geselsies word daar opgevang en gou-gou is lank laas gesien soos nou die dag. Hier kuier tannies BT, Bokkie en Babsie saam.

Ons kon bietjie saam met die nuwe baba's kuier en hulle was stroopsoet terwyl die tannies ge-ooooo en ge-aaaa het rondom hulle. Tracy lag lekker vir iets wat tannie Ruth vir klein Jana se en nig Christa dink ook dis snaaks.



Party van die tannies, ek sal nie name noem nie, het Rene versoek om te sorg dat daar sjampanje is. Hier word daar "gedemonstreer" hoe mens 'n bottel oopmaak. Ek onthou van 'n niggie wat nie lank terug ook 'n kenner op die gebied was :-).

'n Paar van die ouer niggies help met die gee van raad. En mense is daar gekuier en geeet .... En nogmals geeet ..... groot en klein, oud en jonk kon net nie wegbly van die kostafels nie.


Rene het 'n hoekie met aantrek klere, hoede, pruike en maskers gehad en baie "tina's" het te voorskyn gekom.






En skaam vir optrede was ons nog nooit :-). Nog lekker kuiers en geselsies. En tussen deur is foto's van kleinkinders en lank terug se dae uitgehaal en gewys.


Kom loer na die naweek vir nog foto's en 'n storie of twee.

Tuesday, August 23, 2011

Die familie vroue kuier – deel 1 – die voorbereiding

My kort maar lekker vakansie en kuier in Suid-Afrika is verby en een van die hoogtepunte was defnitief die familie-vroue wat bymekaar gekom het vir 'n "reunie". Eendag word daar nog lekker gechat of facebook en binne sekondes word met die gedagte van 'n reunie gehardloop. Alhoewel almal nie altyd op die eposse reageer nie, het die twee niggies in SA (Rene en Ronel met 'n dubbel L) aan die werk gespring om almal weer en weer te vra. Die tannies het ook hulle deel bygedra. Vir julle wat nie die reunie kon bywoon nie, dis absoluut onmoontlik om al die gelag, geeet en kuier met foto's en/of 'n blog te vertel, maar ek gaan probeer.


Baie van die foto's is op facebook wat julle kan aflaai sou julle wil en as julle nie fb het nie, laat weet watter foto's en ek epos dit vir julle. Natuurlik gaan hier 'n paar foto'tjies en video's wees wat nie facebook gehaal het nie. Nou kan al die manne ook sien wat gebeur het :-), AL DIE STORIES! (die van julle wat bekommerd is, kan die nodige omkoopgeld in my bank inbetaal en ek wys hulle nie die foto's of videos nie).

Nou kom ons begin ...


Page3_0


Natuurlik is ek eerste daar met die kamera. Anja en Leane word die afneem gespaar want hulle werk hard om die eetgoed reg te kry, maar nig Rene is heel gewillig om bietjie vir 'n foto of drie stil te staan :-).


Page6


Alles lyk pragtig in pink en pers met 'n hoekie vir foto's, klere om mee op te dress en 'n kas vol lekkergoed wat later gaan sorg vir interessante foto's. Anja is die hoofbeplanner en maak seker alles is reg en gereed vir wanneer die klomp vroue opdaag.


Page7


Met elke foto wat ek neem word die tafel voller en voller met die heerlikste eetgoed. Anja maak seker elke bord is op sy regte plek.


Page8


Behalwe ek, Nelmari en my ma wat eerste daar is, is Jeanette, haar dogters en kleindogters eerste daar. Van die hoede word aangepas en die kleingoed verkyk hulle aan die ouma en tannie :-).




Die kombuisspan het die vorige dag en nag met min slaap deurgewerk, maar blykbaar was daar ook groot pret soos bv 'n "tina turner" vertoning. Hier probeer nig Rene vir ons verduidelik wat die vorige aand gebeur het.


DSC_0054


Die eetgoed is nou alles op die tafel en nou kan die mense maar kom.


Kom loer weer wat volgende gebeur het ....


Monday, August 22, 2011

Verjaarsdae 22 - 28 Augustus

Die maand Augustus het darem 'n klomp verjaarsdae - kan julle dink as ouma nog met ons was en sy moes presentjies vir almal koop?


Baie geluk met jou verjaarsdag:


ADELE BURDEN


op die 22 ste


**********


MARLI OOSTHUIZEN


saam met


AVELINO DE GOUVEIA


op die 23 ste


**********


COLETTE GERMISHUYS


op die 25 ste


**********


en


**********


PAULA VAN NIEKERK


op die 27 ste


**********


Ons hoop dat dit 'n spesiale dag sal wees en


dat julle baie bederf word

Friday, August 19, 2011

Oom Henry verjaar

So 'n paar daggies terug, op die 9 de was dit oom Henry se 75ste verjaarsdag.


IMG00399-20110809-1409


'n Verjaarsdagkoek vir die geleentheid is deur sy kleinseun Wiaan en meisie gebak.


IMG00401-20110809-1419


Christelle se dat Michael die geleentheid omtrent die meeste geniet het. Hier is hy saam met oupa Henry.


IMG00403-20110809-1420


Verjaarsdagman, bakkers en Michael!


Oom Henry ons hoop dit was sommer 'n baie spesiale dag met lekker bederf!!

Thursday, August 18, 2011

'n Troue - liewers laat as nooit

Alhoewel ons nie graag wil he dat enige nuus wil laat deurglip nie, gebeur dit tog met so 'n groot familie soos ons dat ons nie altyd weet wat gebeur nie.


Page4


Hierdie troue het so ampertjies verbygegaan, maar danksy foto's van Anja kan ons bietjie deel en daarna loer. Op 4 Junie vanjaar het Hennie van Vuuren (seun van Denise) getrou met Louise Smit.


Page2


Is ook lekker om weer bietjie foto's van tannie Babsie se vier kinders te sien en natuurlik die ma van die bruidegom :-).


Page1


Die onthaal is gehou by Vredenheim in Stellenbosch.


Page3


Beide die bruid en bruidegom het baie spoggerig gelyk en dit lyk ook asof daar lekker gekuier is by die onthaal. (Dankie vir die foto's Anja).


Ons wens die twee alles wat mooi is vir hulle toekoms saam!

Monday, August 15, 2011

Verjaarsdae 15 - 21 Augustus

Na 'n lekker kuiertjie in SA is daar ook 'n paar foto's en storietjies oor die familie wat in die volgende paar dae op die blog sal verskyn, so kom loer gerus en laat weet of julle dit lees of nie.


Eers net gou die verjaarsdae vir die week.


MILANN VERMEULEN


op die 15 de

**********





RENE SMIT



op die 17 de


saam met


MARIETJIE CAMPBELL



**********



JACO HAMMAN (snr)

op die 19 de



en




EMILIE PIENAAR






op die 20 ste


word EEN JAAR OUD!!!!


Baie geluk almal van julle. Ons hoop dis 'n lekker bederf dag en dat die nuwe lewensjaar wonderlik gaan wees!



Monday, August 8, 2011

Verjaarsdae 8 - 14 Augustus

BAIE GELUK HIERDIE WEEK AAN:


HENRY VILJOEN


op die 9 de


**********


ESTELLE DU TOIT


saam met


LEANE HOLLOWAY

op die 10 de


**********


JEAN-PIERRE DU TOIT


saam met


JEANETTE MULLER


op die 12 de


**********


HOOP JULLE HET 'N HEERLIKE DAG


EN 'N WONDERLIKE NUWE LEWENSJAAR


BAIE GELUK

Wednesday, August 3, 2011

'n Trotse ouma

Ek is seker dat baie van julle nuuskierig is oor die vroue reunie en graag foto's en video clips wil sien, maar daar was honderde foto's geneem en ek soek nog na 'n plek waar die internet vinnig genoeg is om dit optelaai.






Linda het egter vir ons die oulikste foto's van haar kleindogter gestuur. Dankie Linda, ons kan sien hoekom jy so 'n trotse ouma was.


Ons is spyt sy was nie daar Saterdag nie, ons almal sou dit baie geniet het om met haar te speel en kuier.


As julle by die skakel gaan loer sal julle sien daar is 'n baba kompetisie waar julle vir die kleinding kan stem.

Monday, August 1, 2011

Verjaarsdae 1 - 7 Augustus

Baie geluk hierdie week aan:


NAOMI VAN NIEKERK


op die 5 de


**********


DEBBIE GERMISHUYS


op die 7 de


**********


HOOP JULLE HET 'N WONDERLIKE DAG


SEENWENSE VIR DIE NUWE LEWENSJAAR