Tuesday, August 23, 2011

Die familie vroue kuier – deel 1 – die voorbereiding

My kort maar lekker vakansie en kuier in Suid-Afrika is verby en een van die hoogtepunte was defnitief die familie-vroue wat bymekaar gekom het vir 'n "reunie". Eendag word daar nog lekker gechat of facebook en binne sekondes word met die gedagte van 'n reunie gehardloop. Alhoewel almal nie altyd op die eposse reageer nie, het die twee niggies in SA (Rene en Ronel met 'n dubbel L) aan die werk gespring om almal weer en weer te vra. Die tannies het ook hulle deel bygedra. Vir julle wat nie die reunie kon bywoon nie, dis absoluut onmoontlik om al die gelag, geeet en kuier met foto's en/of 'n blog te vertel, maar ek gaan probeer.


Baie van die foto's is op facebook wat julle kan aflaai sou julle wil en as julle nie fb het nie, laat weet watter foto's en ek epos dit vir julle. Natuurlik gaan hier 'n paar foto'tjies en video's wees wat nie facebook gehaal het nie. Nou kan al die manne ook sien wat gebeur het :-), AL DIE STORIES! (die van julle wat bekommerd is, kan die nodige omkoopgeld in my bank inbetaal en ek wys hulle nie die foto's of videos nie).

Nou kom ons begin ...


Page3_0


Natuurlik is ek eerste daar met die kamera. Anja en Leane word die afneem gespaar want hulle werk hard om die eetgoed reg te kry, maar nig Rene is heel gewillig om bietjie vir 'n foto of drie stil te staan :-).


Page6


Alles lyk pragtig in pink en pers met 'n hoekie vir foto's, klere om mee op te dress en 'n kas vol lekkergoed wat later gaan sorg vir interessante foto's. Anja is die hoofbeplanner en maak seker alles is reg en gereed vir wanneer die klomp vroue opdaag.


Page7


Met elke foto wat ek neem word die tafel voller en voller met die heerlikste eetgoed. Anja maak seker elke bord is op sy regte plek.


Page8


Behalwe ek, Nelmari en my ma wat eerste daar is, is Jeanette, haar dogters en kleindogters eerste daar. Van die hoede word aangepas en die kleingoed verkyk hulle aan die ouma en tannie :-).




Die kombuisspan het die vorige dag en nag met min slaap deurgewerk, maar blykbaar was daar ook groot pret soos bv 'n "tina turner" vertoning. Hier probeer nig Rene vir ons verduidelik wat die vorige aand gebeur het.


DSC_0054


Die eetgoed is nou alles op die tafel en nou kan die mense maar kom.


Kom loer weer wat volgende gebeur het ....


11 comments:

Leana said...

Top fotograaf en blogger! Dankie Sandra vir al die mooi foto's en stories om sommer weer die dag te herleef! Was baie lekker...nou is die vraag net - Wanneer is die volgende een?! :) :) Groete, Leana

Anonymous said...

laat weet bietjie of jy my comment gekry het...fotos pragtig....










]

Anonymous said...

cha ha ja sien boggertjie nou onder Leana s,n verskyn....onthou jy my nogal verduidelik om eer anonymus te click toe vat ek kans verder en sowaar..... di fotos het pragtig gekom geweet jy so baie geneem ni....liefde

Sandra said...

Almal se comments het deurgekom. Die anonymous mense moet net bietjie hulle name bysit dat ons weet wie hulle is :-)

Anonymous said...

Dankie Sandra vir al die mooi fotos en jou moeite dit word baie waardeer! Lovies

Ruth said...

Die anonymous is Ruth en Naomi sien uit na meer fotos van die dag!x

Sandra said...

Tannie Ruth hoop jy voel sommer gou-gou beter. Liefde

Rene said...

Aan almal wat dit lees. Hê 'n heerlike lentedag vandag. Het weer na al die fotos gaan kyk. Sommer weer lus vir 'n reunie of party met julle almal. Liefde Rene

Naomi said...

Ai Rene jy ons darem wraggies baie bederf ......dit was soooooooooooo baie lekker.....sien uit na di volgende een ....luv u Omie xx

oakleyses said...

abercrombie and fitch, nike roshe run, nfl jerseys, rolex watches, marc jacobs, canada goose, canada goose jackets, beats by dre, ugg boots, asics running shoes, jimmy choo outlet, birkin bag, valentino shoes, canada goose, reebok outlet, mac cosmetics, new balance shoes, mcm handbags, uggs, hollister, ugg australia, ghd, herve leger, ferragamo shoes, insanity workout, ugg boots clearance, lululemon outlet, soccer shoes, canada goose, bottega veneta, north face outlet, babyliss pro, giuseppe zanotti, chi flat iron, ugg, instyler, wedding dresses, ugg pas cher, north face jackets, uggs outlet, soccer jerseys, canada goose outlet, vans shoes, celine handbags, mont blanc, p90x, ugg boots

Michelle Hussey said...

Nothing creates an inviting atmosphere quite like a Gazco Stove Fires. The centrepiece of any home, a it adds warmth and character to a room or living space Buy Online: 0116 274 4059 http://goo.gl/HGs43J