Monday, August 31, 2009

Verjaarsdae 31 Augustus - 6 September

Ons verjaarsdae hierdie week is:

LEON MARITZ
(seun van tannie Tossie)
OP
3 SEPTEMBER
(foto Oupa Leon met kleindogter)
********************************
EN
STEPHAN GERMISHUYS
(tannie Babsie se agterkleinseun)
WAT 13 WORD
OP
4 SEPTEMBER
*****************************************
BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAG
'N WONDERLIKE JAAR EN DAG
PROPVOL VERRASSINGS
WORD JUL TOEGEWENS



Monday, August 24, 2009

Verjaarsdae 24 - 30 Augustus

ONS VERJAARSDAE HIERDIE WEEK IS:

COLETTE GERMISHUYS
(Tannie Babsie se agter-kleindogter)

OP DIE 25 STE

*********************************
EN
*********************************
PAULA VAN NIEKERK
(Oom Deon se skoondogter)

OP DIE 27 STE

*********************************
BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAG

EN MAG DIE NUWE LEWENSJAAR

ALLES WEES WAARVAN JULLE DROOM

Tuesday, August 18, 2009

Nog 'n man wat groter word

Nog 'n man wat groter by die dag word is Michael Oberholzer. Dit was net nou die dag dat ons foto's van sy eerste dag gewys het en nou is hy al 4 maande oud. Mens kan sommer sien dis 'n vriendelike mannetjie en ek's baie seker oupa Henry en ouma Beatie geniet hom vreeslik baie. Hier is hy ook saam met pappa Sarel en mamma Chistelle. Dankie dat julle ons op hoogte hou van hom!

Monday, August 17, 2009

Verjaarsdae 17 - 23 Augustus

Augustus is defnitief 'n baie goeie maand vir verjaarsdae en hierdie week is dit die volgende ouens se beurt:


WIE HET 'N BAIE SPESIALE VERJAARSDAG HIERDIE WEEK?


WIE WORD OUD?
(ter versagting sy het baie slimmer geword :-))
NEEEEEE, dis nie ek nie, maar die een langs my!!!
BAIE GELUK MET JOU 50ste VERJAARSDAG OU NIG
op die 17 DE
RENE SMIT
(Jongste, stoutste dogter van tannie Babsie)
*******************************************
Saam op dieselfde dag is dit ook die verjaarsdag van
MARIETJIE CAMPBELL
(Johann se vrou)
********************************************
Op die 19de is dit my swaer
JACO HAMMAN
(Marie se man) se verjaarsdag
**************************************
ADELE BURDEN
(tannie Babsie se kleindogter)
verjaar op die 22ste
************************************************
MARLI OOSTHUIZEN
(Maxie se jongste)
op die 23 ste
***********************************************
saam met
AVELINO DE GOUVEIA
(Bennie se skoonseun)
ook op die 23 ste
***********************************************
HOOP JULLE ALMAL OUD EN JONK
HET 'N WONDERLIKE VERJAARSDAG
PROPVOL PRET EN BEDERF
EN 'N GESEENDE NUWE LEWENSJAAR!

Friday, August 14, 2009

DIe juffrou is .... maande

Ek het so 'n tydjie terug pragtige foto's van die jongstes in die familie ontvang, en vreeslik gesukkel om dit opgelaai te kry. Hierdie was die pragtige klein Marizelle 9 maande oud en dis ook al 'n maand later. Sy's defnitief mal oor die kamera en haar oumagrootjie Tossie sou 'n fees gehad het met die foto's! Daai tongetjie wys dat die klanke al lekker geoefen word om gou-gou 'n paar woorde te se. Hier is sy saam met mamma Ilse en pappa Marius.

Pragtige kleindogter wat jy het Leon :-)!

Monday, August 10, 2009

Verjaarsdae 10 - 16 Augustus

Baie geluk aan die volgende persone wat hierdie week verjaar.





ESTELLE DU TOIT


(Oom Piet se jongste dogter)


Se 50 ste Verjaarsdag op




10 AUGUSTUS




************************





Haar seun


JEAN-PIERRE DU TOIT





OP DIE





12 DE



SAAM MET





JEANETTE MULLER


(Tannie Babsie se dogter)


*************************





OP DIE




15 de





MILANN VERMEULEN


(Tannie Joy se kleinseun)


BAIE GELUK JULLE


HOOP JULLE HET 'N WONDERLIKE DAG


VAN BEDERF EN GENIET!!!

Tuesday, August 4, 2009

Wat vang die Du Toits en Campbells aan

Hierdie klomp vang mens nie lank op een plek nie en so tussen die eposse en facebook deur kan mens sien dat daar hard gewerk word deur Hennik. Gelukkig is daar mense wat saam met hom kan gaan en hom ondersteun. Soos dit is, lees ek juis dat daar nou ernstig met kaggel en rooiwyn op Struisbaai gekuier word. Dit beteken die land is nog koud en ek's erg groen .... want hier braai ons uit. Op hulle besoek aan Oudtshoorn en omgewing verlede week het hulle die foto's geneem - en ek weet dit was ook om vir my te wys hou koud dit eintlik is :-) - dankie Ronelle ek waardeer! Teen ons 35 grade 9.30 in die aand is dit hier 2 grade 9:30 in die oggend. Sneeu op die Swartberge, dis pragtig! Orals langs die pad tydens hierdie paar dae is daar lyk my gestop vir onder andere tee en skons. Ek verstaan dit, want met so 'n uitsig sal ek ook sit en skons eet :-). Ander kere het die brawe onder die brawes selfs 'n melkskommel aangedurf. Die pragtige pou was nie so braaf nie en het tee gedrink. En verby sulke roosterkoeke ry mens ook nie lyk dit my. Ek wonder net, het Ronelle en Hennik saamgeeet? Tannie Ruth noudat jy op www is, laat weet bietjie! Baie trappe om in die koue aan te durf, maar daar is blykbaar by elke winkeltjie in elke dorp gestop .... is daar geshop? Soggens was dit maar koud en die ryp mooi wit. Mens moes mooi warm aantrek met baadjies, serpe en handskoene. Volgens Ronelle is Oudtshoorn in die koue net vir brawe mense. Wat sal 'n besoek aan Oudtshoorn ook sonder volstruise wees - die ou lyk gelukkig met die weer. En natuurlik moet hulle my wys dat daar ook kamele is. Ek waardeer die foto's ouens. Wat nice sou wees, is as oom Thomas of een van julle ander bo-op die kameel gesit het :-)
Ronelle se dit was 'n heerlike kuier in die koue en dat hulle baie bevoorreg is om sulke wonderlike ouers te he wat ook hulle vriende is. Daar was al soveel lekker kuiers en spesiale onthou-tye! Haar boodskap vir hulle is: "Pa en Ma - julle is die BESTE!!!"

(ns. Gaan ons Struisbaai se stories ook sien?)

Monday, August 3, 2009

Verjaarsdae 3 - 9 Augustus

Hierdie week is 'n spesiale verjaarsdagweek. Twee van die broers/suster verjaar en ek wonder hoe dit destyds in die Viljoen huishouding gegaan het met twee wat so in dieselfde week verjaar?

OP WOENSDAG DIE 5 de


NAOMI (OMIE) VAN NIEKERK

***************

VRYDAG DIE 7 de

DEBBIE GERMISHUYS
(Denise se dogter)

****************

EN SONDAG DIE 9de

HENRY VILJOEN

BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAG

MAG DIE NUWE LEWENSJAAR

PROPVOL SEEN EN GOEIE GESONDHEID

WEES!!!