Tuesday, August 4, 2009

Wat vang die Du Toits en Campbells aan

Hierdie klomp vang mens nie lank op een plek nie en so tussen die eposse en facebook deur kan mens sien dat daar hard gewerk word deur Hennik. Gelukkig is daar mense wat saam met hom kan gaan en hom ondersteun. Soos dit is, lees ek juis dat daar nou ernstig met kaggel en rooiwyn op Struisbaai gekuier word. Dit beteken die land is nog koud en ek's erg groen .... want hier braai ons uit. Op hulle besoek aan Oudtshoorn en omgewing verlede week het hulle die foto's geneem - en ek weet dit was ook om vir my te wys hou koud dit eintlik is :-) - dankie Ronelle ek waardeer! Teen ons 35 grade 9.30 in die aand is dit hier 2 grade 9:30 in die oggend. Sneeu op die Swartberge, dis pragtig! Orals langs die pad tydens hierdie paar dae is daar lyk my gestop vir onder andere tee en skons. Ek verstaan dit, want met so 'n uitsig sal ek ook sit en skons eet :-). Ander kere het die brawe onder die brawes selfs 'n melkskommel aangedurf. Die pragtige pou was nie so braaf nie en het tee gedrink. En verby sulke roosterkoeke ry mens ook nie lyk dit my. Ek wonder net, het Ronelle en Hennik saamgeeet? Tannie Ruth noudat jy op www is, laat weet bietjie! Baie trappe om in die koue aan te durf, maar daar is blykbaar by elke winkeltjie in elke dorp gestop .... is daar geshop? Soggens was dit maar koud en die ryp mooi wit. Mens moes mooi warm aantrek met baadjies, serpe en handskoene. Volgens Ronelle is Oudtshoorn in die koue net vir brawe mense. Wat sal 'n besoek aan Oudtshoorn ook sonder volstruise wees - die ou lyk gelukkig met die weer. En natuurlik moet hulle my wys dat daar ook kamele is. Ek waardeer die foto's ouens. Wat nice sou wees, is as oom Thomas of een van julle ander bo-op die kameel gesit het :-)
Ronelle se dit was 'n heerlike kuier in die koue en dat hulle baie bevoorreg is om sulke wonderlike ouers te he wat ook hulle vriende is. Daar was al soveel lekker kuiers en spesiale onthou-tye! Haar boodskap vir hulle is: "Pa en Ma - julle is die BESTE!!!"

(ns. Gaan ons Struisbaai se stories ook sien?)