Tuesday, December 16, 2008

Top prestasie

Dis altyd lekker as ons hoor van prestasies sodat ons met hulle kan spog. Carin en Leon se jongste Carin-Lee het hulle en ons die laaste maand baie trots ... kyk net bietjie. Sy kry ere-kleure by haar skool vir atletiek en verwerf ook een goud (vir 100m naelloop) en twee silwer (een vir 200m naelloop en een vir verspring) op 'n atletiek byeenkoms. (julle moet maar soos ek verby die madeliefie blommetjie ipv disa kyk en net die wonderlike prestasie raaksien). Mooi so Lee. Met die prestasie het sy ook gekwalifiseer om vir "Noord-Transvaal" deel te neem op 'n byeenkoms wat gehou was 22 November in Germiston. Ons wag nog vir Carin om te laat weet hoe dit gegaan het.