Friday, December 26, 2008

Die kleinding word groter by die dag

Ek kan sommer sien dat klein Marizelle alreeds haar tannie Lindie heeltemal in haar sak het ... en julle sal op die foto's sien hoekom. Hier is 'n paar nuwes wat geneem is toe sy rondom 10/11 weke oud was. Lyk asof sy niks wil mis nie. Klaar besig met die tongoefeninge. Badtyd lyk na pret. Marizelle met haar mamma Ilse. Kyk net hoe groot is sy al!
Dankie Lindie dat jy ons op hoogte hou van haar vordering, ons geniet elke nuwe foto'tjie van haar.
Julle ouens moet volgende week kom lees en kyk na die nuutste troue in die familie (dis nou waarvan ek weet). Laat kom die nuus van julle Kersvierings en vakansie!