Tuesday, October 21, 2008

Slide 20 - Reunie

Oom Sammy was altyd lief vir musiek en toe Elvis (natuurlik direk van die duiwel volgens ouma) op die toneel verskyn, het hy vir hom 'n draagbare radio gekoop wat so groot soos 'n bedkassie was, se tannie Ruth. Orals waar hy dan gery of geloop het, het Jailhouse Rock en Nothing but a hound dog gespeel. Dan het ouma altyd gebid dat die Here hom moet verlos van die duiwelsmusiek. Later toe oom Sammy tot bekering gekom het, was die Gaithers sy gunsteling. Hy het ook nooit iets leliks van iemand gese nie. Oom Henry vertel dat hy eenkeer by die Wimpy vir Oom Sammy gevra het om die tafel langsaan nader te skuif. Die tafel was vasgeskroef aan die vloer en hy het baie hard probeer en later vies geword toe hy agterkom wat aangaan, maar baie gou lekker saamgelag daaroor.