Tertia laat weet dat klein Karea vroeer in Mei gedoop is. Sy en Andre kon ongelukkig nie dit bywoon nie, maar in hulle harte was hulle daar. Dankie vir die aanstuur van die foto's Tes.
Mamma Madre en Pappa Ernest met klein Karea.
Saam met Madre en Karea op hierdie spesiale geleentheid is ook Mariska en klein Souneke wat by die dag groter word.
Klein Karea baie geluk met hierdie spesiale geleentheid waar pappa en mamma belowe het om jou vir God groot te maak en jou van Hom te leer. Ons bid vir hulle vir wysheid om jou altyd reg te hanteer en ons bid dat jy gelukkig sal wees en dat jy eendag wanneer jy groot genoeg is, ook self sal kies om liewe Jesus lief te he en om Hom te dien.