Tuesday, July 12, 2011

Baba update

Was lekker om weer 'n bietjie foto's van Chantal te kry van klein Franco wat verlede November gebore is. Chantal se die mannetjie sit, spog met twee tandjies en eet 'n hond uit 'n bos uit. Sy se ook dat hulle hom "smiley face" noem omdat hy altyd glimlag. Hy's regtig net 'n bondeltjie vreugde!



Dankie vir die foto's Chantal. Miskien enetjie van hom en Carlo? :-)