Wednesday, February 2, 2011

Twee daggies in Kaapstad

Net 'n vinnige paar daggies in SA en 'n bietjie in die Kaap om my ma by die aftreeoord in Hermanus ingeburger te kry. Ek wonder of julle ouens in die Kaap weet hoe gelukkig julle is om daar te kan bly.
Het net met vier mense kon opvang. Eerstens dankie Rene en Ronelle vir die tydjie maak om saam koffie te drink. Ons het niks koek geeet nie, maar ek kon darem 'n foto of twee neem. Nie seker wat nig Rene hier doen nie ....
Maar sy het haar ernstig nie aan die kamera gesteur nie en haar gebakte kaaskoek geeet. Miskien as ek my oe toe hou sal niemand my sien nie .... Wie het nou die eetgoed hier voor my neergesit? Ek kon ook een aandjie 'n bietjie saam met tannie Omie en Schalk kuier en mooi geen foto's geneem terwyl ons geeet het nie - ander het partymense nooit geeet nie. Daarna moes ons die hele winkelsentrum deurstap opsoek na 'n geskikte agtergrond vir 'n foto - ek dink die twee lyk baie mooi op die foto.










Die kersie op die koek was toe die tannie op een van hierdie 4D ritte wou gaan en Schalk sonder 'n keuse ook saam is. Ek kon die patelje van buite af bekyk op 'n tv skerm en het sommer 'n klein videotjie geneem - spyt mens kan nie die woorde hoor nie .... kan julle liplees :-).
Dankie ook vir julle twee se tyd om saam met my te kuier.