Wednesday, August 18, 2010

Mooi so

So twee maande terug het ons bietjie gespog met Viljoen wat in die Craven week gespeel het, en het ek genoem dat die ou ook gekies is om bietjie oorsee te gaan speel.

Uit hierdie koerantfoto'tjies blyk dit dat die 0/16 span van sy skool sommer 'n goeie seisoen het met baie verrassings.

Hulle skool het twee spelers wat gekies is om hierdie toer mee te maak en komende van 'n "toer" myself is die finansies iets ysliks. Om die eer wat jou te beurt val mee te maak kos R16000 en dis nogal 'n klomp geld. Viljoen het al bietjie meer as die helfde daarvan ingevorder en nou raak die tyd min. Is daar iemand in die familie wat dalkies 'n "donasie" of "bydrae" wil maak vir hierdie besonderse geleentheid? Julle kan my kontak by uitentuis2001(at)yahoo(dot)com of met sms by +97150dubbelvier,drieses, dubbeldrie-nege.

Sterkte met die laaste voorbereiding Viljoen, ons is trots op jou en sien uit daarna om die terugvoering na die toer te kry.