Monday, June 14, 2010

Verjaarsdae 14 - 20 Junie

Dankie vir die nuus wat ek hierdie week van almal gekry het, daar is natuurlik nog baie van julle wat bietjie kan laat hoor hoe dit gaan en wat gebeur. Ronelle het ook weer nuus gestuur, dankie daarvoor en Tertia belowe al twee weke vir lekker spognuus, maar ek gee nou moed op vir die ontvang daarvan. Julle sal maar net moet wonder oor wat dit was.
Hier by die Holloways gaan dit goed, maar die lentetemperatuur is besig om op te tel en begin noual na die hoe 40's beweeg. My middelste William kuier bietjie hier met die universiteitsvakansie en dis lekker om al drie die kinders in dieselfde dorp te he. Meer oor ons doen en late kan natuurlik hier opgevang word.

Hierdie week se verjaarsdae is:

JESSICA VILJOEN
(Oom Dan se agterkleindogter)
op die 18 de
***************************
MARIE (Bokkie) VILJOEN
op die 20ste
***************************
BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAG
EK HOOP DAT JULLE LEKKER BEDERF WORD OP JULLE DAG
EN DAT DIE NUWE LEWENSJAAR NET MOOI DINGE SAL INHOU!