Tuesday, July 21, 2009

Hier's van die Stemmets ook

Ons het die foto's van die Stemmet familie gekry. Oom Kowie met sy pragtige kleindogter Danae op die strand. Die kleinding is nou 2 jaartjies (29 maande) oud en die dogter van Celeste en Werner von Molendorf. Danae saam met Pikkie! Christa en Ockert (Vermeulen) se seun Milann presteer baie goed in die Marimba en ons sal nogal meer hiervan wil hoor Christa. Hier is die ou besig met een van sy meestersklasse. Hier is die drie kleinkinders. Ons het laas van klein Kriston gehoor toe sy nog baie klein was . Sy is nou 1 jaar (20 maandjies oud) . Hier is sy by haar nefie en niggie.

Tannie Joy met haar seun Pieter.


Dankie vir die aanstuur van die foto's Christa, ons waardeer en julle kan gerus maar meer spog.