Weereens 'n heerlike tydjie vir reunie. Ek dink die lekker van dit alles is dat ons nou nie mekaar net een keer elke hoeveel jaar sien nie, maar konstant kontak hou en bietjie opvang. 'n Groot blessing.

In opdrag van die tannies moes Rene 'n paar goed daar he vir wat hulle beplan en ons was baie nuuskierig om te kyk of ons nog weet hoe alles werk. Met die ouderdom in gedagte is daar ook voorsiening gemaak vir 'n besering of twee en behalwe vir die maagspiere wat deurgeloop het met al die lag, weet ek nie van iemand wat die noodhulp nodig gehad het nie :-).

Daar is opgevang, gesels, gekuier en foto's gedeel met almal. Ek dink volgende keer moet ek 'n scanner saambring om van die foto's op my rekenaar te kry. Vir een of ander rede is almal bang om hulle foto's te "deel" want dit kan "geleen" word :-). Sal dit die rede wees hoekom party van ons so met ons hande agter ons rug staan terwyl ons foto's kyk?
Van die klein en agterklein kinders het saamgekom en hulle het die heerlike hitte in Wellington geniet deur in die swembad te kuier. So een of twee niggies was ook braaf genoeg om die water aan te durf.

Oom Henry het die kans gehad om 'n paar woorde te se en ook met gebed te open.
En tannie Omie, synde die boffen met die sjampanje het die prop geskiet en soos altyd geskrik toe dit wel gebeur het.
Almal het piekniekmandjies gebring en daar is nog steeds lekker gekuier so tussen die eet
.
En laat ons nie die maagspieroefeninge met lag vergeet nie. Hierdie groepie kan ek aflei het 'n ernstige storie met mekaar gedeel. Ek sal nog steeds graag wil weet wie het dit begin :-).

Sit 'n boksie fudge tussen die niggies en dit is wat gebeur. Kan hulle deel? Nee! Daar is "baklei" oor die inhoud wat net wys dat ouderdom niks met soetgoed en "dis myne" te doen het nie :-).
Ander goed het ook gebeur en ek vertel oormore meer ....