Tuesday, May 26, 2009

'n GROOT mylpaal

Op die 15de van die maand het tannie Babsie haar 82ste verjaarsdag gevier en Pieter het vir ons hierdie foto's gestuur. Tannie Babsie wat nog so bloedjonk lyk besig om vir Karini (skoondogter) iets te verduidelik. Maxie luister darem ook al is al die aandag nie by die gesprek nie :-). Hier is sy saam met haar vier kinders, Pieter, Maxie, tannie Babsie, Valerie en Estelle.

Monday, May 25, 2009

Verjaarsdae 25 - 31 Mei

Hierdie week kom my wense uit Ierland uit.

WERNER VON MOLENDORFF
(Celeste se man)
op die 26 ste saam met sy swaer
OCKERT VERMEULEN
(Christa se man)
en
CHRIS SMIT
(Rene se man)
op die 27 ste.
BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAE
HOOP JULLE WORD LEKKER BEDERF VANDAG!

Monday, May 18, 2009

Verjaarsdae 18 - 24 Mei

Al die pad van Skotland af wil ek graag die volgende mense gelukwens met hulle verjaarsdag.



LAURILLE FULLEX
(Linda se dogter)
op die 18de
******

PIERRE VILJOEN
(Oom Sammy se seun)
op die 19de
******
MICHELLE VILJOEN
(Oom Dan se skoondogter )
op die 21 ste
******
KEVIN VILJOEN
(Oom Dan se kleinseun )
op die 23 ste
******

GEORGE PREUSS
(Babsie se seun)
op die 24 ste
SAAM MET
WILLIAM HOLLOWAY
(Sandra se seun)
WAT 21 WORD!!!
BAIE GELUK ALMAL VAN JULLE!
HOOP JULLE HET 'N WONDERLIKE DAG EN
WONDERLIKE LEWENSJAAR

Thursday, May 14, 2009

Oosthuizens kuier saam

Maxie, Diekie en hulle kroos het verlede week gekuier en vir ons hierdie foto geneem! Agter Andrew (Marli se vriend), Tunin (Christelle se man), Diekie, Jolene (Rikus se vriendin) en Rikus. Voor Christelle, Maxie en Marli met die twee kleinkinders Maya en Euan.
Baie dankie vir die foto Marli en se ook dankie vir jou pa :-)!

Tuesday, May 12, 2009

Jeanette en Anton trou

Vrydag die 1ste was dit Jeanette en Anton (Muller) se troudag. Hier is die foto's en se bietjie of julle met my saamstem dat die bruid sommer pragtig gelyk het.


Jeanette en haar kleindogter Megan. Jeanette, Anton en Megan. Jeanette met haar kinders en hulle gades. Anton en Jeanette na die troue. Die koek en tafels by die onthaal. Die bruid, bruidegom en hulle kinders. Baie geluk julle twee. Ons beste wense en gebede vir 'n wonderlike, spesiale toekoms saam.

Monday, May 11, 2009

Verjaarsdae 11 - 17 Mei

Hierdie week se ons GELUK aan:



JEANETTE VILJOEN
( Oom Dan se skoondogter)

op die 11 de




KLEIN BABSIE

op die 15 de


SAAM MET





GERRIT PIENAAR
( Jeanette se skoonseun)

EN



LYNETTE PRINSLOO
(Denise se dogter )
BAIE GELUK JULLE
EN SPESIAAL AAN TANNIE KLEIN BABSIE
WAT 81 OUD WORD
'N BEDERF DAG EN WONDERLIKE JAAR WORD
JULLE TOEGEWENS.

Tuesday, May 5, 2009

Tweede verjaarsdag foto's

Begin van die maand het klein Carlu 2 jaartjies oud geword en 'n plaas-partytjie gehad! Mamma Chantal het self die koek gemaak en die mannetjie het duidelik homself gate uit geniet. Ouma Bokkie het vir hom 'n kitaar gegee en soos 'n regte Viljoen geniet hy dit om daarop te tokkel. Chantal se hy neem die kitaar orals. Dankie vir die deel van die foto's!!

Monday, May 4, 2009

Verjaarsdae 4 - 10 Mei

Ons verjaarsdagmense vir hierdie week is



CARIN-LEE MARITZ
(Leon se jongste)

WAT OP DIE 5 DE VERJAAR



PIETER VILJOEN
(Oom Piet se seun)

OP DIE 8 STE

EN


GILLIAM KOEN
(Valerie se man)

OP DIE 9 DE
BAIE GELUK EN ALLES WAT MOOI IS

VIR DIE NUWE LEWENSJAAR!