saam met

saam met
op die 31 ste
Ouma het die heerlikste kersmaal gekook, ek kan nog onthou hoe oupa die sakkie aartappels geskil het, die pampoen (dan sny hy vir ons mannetjies uit die pampoenskille), groenbone het hy gekerf en dit was altyd die dag voor die tyd gemaak. Daar was altyd 3 soorte vleise. Ouma het elke Kersfees Xmas-doekpoeding gemaak - sy het dan handvol tiekies daar ingegooi en ons as kinders het nie aan daai poeding geeet voor ons nie gekyk het hoeveel tiekies ons gekry het nie.
Elke kind van klein tot groot het nuwe klere gekry, dan vat ons die pad (vir julle wat weet ons het dit die square genoem) so het ons daar bymekaar gekom en al die bure se kinders en met ons prams en poppe geloop. Kerk het natuurlik 'n groot rol in ons lewe gespeel en soos ons tieners geword het, het ons ou Kersaand saam met die kerk met lorries gery en kersliedere by oue tehuise en ander huise gesing. Ons het kerse gehad en by 'n lamppaal onder die lig gestaan en sing. Dis sulke mooi herinneringe.
ZET VILJOEN
op die