Christelle laat weet dat Karin-hulle se kerk, AGS Kruisgemeente Durbanville
(h/v Van Breda en St John's) se kersmark reeds begin het!
Die Kersmark hou aan tot 8 Desember.
Oor die 100 uitstallers met Andre en Karin wat die kombuis behartig. Daar is heerlike etes soos Lasagne, hoenderpastei en slaai, kerrie mince vetkoeke, pannekoek, terte, koeke en nog vele meer.
Die pryse is baie billik en daar is take-aways beskikbaar vir die vroue wat wil heeldag shop en in die aand iets lekekrs vir hul mans en kinders wil he. Dit alles in 'n heerlike kuier kos-tent.
Tye: Ma - Vr: 10h00 - 19h00
Sa: 09h00 - 15h00
Kom al die familie lede in die omgewing ... lekker kuier, eet en shop.... dit klink soos 'n plek waar julle wil gaan kuier en ondersteun. En die kanse is baie goed dat jy iewers 'n familielid gaan raakloop om te groet!