saam met

saam met
op die 31 ste

Kersfees tyd was altyd Christusfees in ons huis waar ons almal bymekaar gekom het en kersliedere gesing het, die geskenke wat in 'n kussingsloop by ons bed was en die opgewondenheid oor die geskenke oopmaak om te kyk wat elkeen gekry het.Ouma het die heerlikste kersmaal gekook, ek kan nog onthou hoe oupa die sakkie aartappels geskil het, die pampoen (dan sny hy vir ons mannetjies uit die pampoenskille), groenbone het hy gekerf en dit was altyd die dag voor die tyd gemaak. Daar was altyd 3 soorte vleise. Ouma het elke Kersfees Xmas-doekpoeding gemaak - sy het dan handvol tiekies daar ingegooi en ons as kinders het nie aan daai poeding geeet voor ons nie gekyk het hoeveel tiekies ons gekry het nie.
Elke kind van klein tot groot het nuwe klere gekry, dan vat ons die pad (vir julle wat weet ons het dit die square genoem) so het ons daar bymekaar gekom en al die bure se kinders en met ons prams en poppe geloop. Kerk het natuurlik 'n groot rol in ons lewe gespeel en soos ons tieners geword het, het ons ou Kersaand saam met die kerk met lorries gery en kersliedere by oue tehuise en ander huise gesing. Ons het kerse gehad en by 'n lamppaal onder die lig gestaan en sing. Dis sulke mooi herinneringe.
Ag julle sal ons kersfees asa kind ooit vergeet ....
op die
Nog ‘n jaar verby …..
Nou’s dit tyd vir stil raak, ontspan, uitspan en dankie se ….
Dankie Here vir U guns en genade in ons lewens gedurende 2011!!!!
Mag elkeen van julle die Feestyd saam met julle geliefdes geniet
En mag julle in 2012 uit julle sokkies geseen word!!
Baie liefde
Juan, Chantal, Carlu en Franco
Geseende Kerfees en 'n ware Christusfees uit die mooiste Kaap aan al die Viljoens en hul nasate wat oor die hele aarbol versprei is. Dankie Santjie (ouma het jou altyd so genoem) vir al die reunies wat jy reel. Met die volgende bymekaarkom wil ek Tannie Reta van Kroonstad (vir die wat dit nie reeds weet nie dit is nou oupa se suster Aunt Maria se dogter) ook laat weet want ek weet sy sal ook graag almal weer wou sien.
Seen aan al die Viljoene en die aangetroudes en hul kinders vir die onbekende 2012. Vreugde,voorspoed en goeie gesondheid word jul toegebid.
Hierdie is n wonderlike tyd van die jaar, waar almal vir almal geskenke wil koop. Dit is so jammer dat so baie mense eintlik vergeet waaroor dit regtig gaan... Dat God vir ons die GROOTSTE geskenk van alle tye gegee hetOns moet mekaar herinner aan die wonderlike liefde wat ons Vader en Here aan ons ge-openbaar het toe Hy Jesus vir ons gegee het, sodat ons vir altyd aan Hom kan behoort.
Mag almal n wonderlike tyd saam met hul familie en geliefdes he, GESEENDE KERSFEES!
Sarel, Christelle en Michael
op die
18 de
**********
BAIE GELUK MET JULLE VERJAARSDAE
MAG DIT 'N WONDERLIKE BEDERFDAG WEES
EK BID DAT DAAR BAIE BLINK KLOKKE VIR JUL SAL LUI MET GOEIE TYDING EN VOORSPOED VIR 2012
EN DAT JUL IN DIE FEESGETY GOD SE LIEFDE SAL ERVAAR
DAT DIE ENGELE JUL SAL BESKERM EN BOODSKAPPE VAN VREDE EN LIEFDE SAL BRING
LIEF JUL ALMAL
Kersfees is vir ons almal familietyd en tyd vir moeite maak met mekaar. Almal is dol oor die kersliggies en kersversierings wat so kenmerkend van Kersfees is. Dis mos asof tot die lug in die tyd, vol van die "gees" van Kersfees is.
HIERMEE WIL ONS AL DIE FAMILIE EN VRIENDE 'N GESEENDE KERSFEES