Klein Franco het hierdie maand 'n hele EEN JAAR OUD geword en mamma Chantel laat weet dat die kleintjies baie opgewonde oor die partytjie was.
Sy het self die koek gebakvir die verjaarsdag. (Jy's oulik hoor!) Ouboet Carlu moes help om die kersie dood te blaas! Ons kan sien dit was sommer 'n lekker partytjie Franco! Dankie vir die deel van die foto's Chantel. Jou twee seuns is pragtig!
Hierdie blog is vir die nasate van Pieter Schalk Viljoen (geb 29.3.1895 en Christina Louise (Carstens) (geb 14.8.1902).
Dis vir ons en oor ons en deur ons. 'n Manier om kontak te hou terwyl almal orals oor Afrika en ander lande versprei is en op te vang met al die nuus.
As jy een van ons is, deel gerus foto's, stories, staaltjies oor jou en jou gesin.
Uit die huwelik is 12 kinders gebore en huidiglik (Junie 2009) is daar 30 kleinkinders, 55 agter kleinkinders en 16 agter- agterkleinkinders. Saam met die gades is ons 138 .... en nog is dit nie die einde nie!
Ouma met 10 van haar kinders
Familie
Met 'n GROOT familie soos ons, is dit ampertjies onmoontlik om op datum te bly met alles. Maar ek se "ampertjies" want as almal my laat weet van verlowings, troues, geboortes, siektes, spogdinge, updates ens. kan ons die rekords heel volledig hou.
Daar is bitter min kinders wie se inligting 100% is, kom help my bietjie met dit asseblief.