Hier van die Kaap wil ons darem net se ons is baie trots op jou Viljoen!
Gister se wedstryd teen Zimbabwe het jy regtig puik gespeel, ons hoop die SA Keurders sien jou raak! Die enigste kritiek is dat jy nie in n WP trui speel nie! Ons hou jou dop vir die toekoms,
Oom Henry en familie
(Viljoen Dreyer, Andre en Tertia se jongste, speel in die Cravenweek vir die Limpopo Blou Bulle)
Was lekker om weer 'n bietjie foto's van Chantal te kry van klein Franco wat verlede November gebore is. Chantal se die mannetjie sit, spog met twee tandjies en eet 'n hond uit 'n bos uit. Sy se ook dat hulle hom "smiley face" noem omdat hy altyd glimlag. Hy's regtig net 'n bondeltjie vreugde!
Dankie vir die foto's Chantal. Miskien enetjie van hom en Carlo? :-)
Hierdie blog is vir die nasate van Pieter Schalk Viljoen (geb 29.3.1895 en Christina Louise (Carstens) (geb 14.8.1902).
Dis vir ons en oor ons en deur ons. 'n Manier om kontak te hou terwyl almal orals oor Afrika en ander lande versprei is en op te vang met al die nuus.
As jy een van ons is, deel gerus foto's, stories, staaltjies oor jou en jou gesin.
Uit die huwelik is 12 kinders gebore en huidiglik (Junie 2009) is daar 30 kleinkinders, 55 agter kleinkinders en 16 agter- agterkleinkinders. Saam met die gades is ons 138 .... en nog is dit nie die einde nie!
Ouma met 10 van haar kinders
Familie
Met 'n GROOT familie soos ons, is dit ampertjies onmoontlik om op datum te bly met alles. Maar ek se "ampertjies" want as almal my laat weet van verlowings, troues, geboortes, siektes, spogdinge, updates ens. kan ons die rekords heel volledig hou.
Daar is bitter min kinders wie se inligting 100% is, kom help my bietjie met dit asseblief.