Ek is baie seker dat baie van julle verlede week se troue op die televisie gevolg en ek wonder hoeveel mense het so "all out" gegaan soos twee van die tannies :-)
Kyk noudat drie van hulle so op die www kuier en spesifiek op die gesigboekie kan mens lekker loer wat hulle gereeld aanvang. En ek moet byse, ek's geweldig beindruk met hoe vinnig hulle dit alles bemeester het. Dit beteken ook dat niks wat ons doen ongesins by hulle verbygaan nie :-), maar dis lekker om so met almal met 'n vinnige boodskappie in kontak te bly.

Terug by die troue....... so het hulle klink my 'n teepartytjie van die begin tot einde gehad en as mens so na die eetgoed kyk dan was dit 'n feestafel.

Daar is opgedress, glassies geklink, koek geeet, gesels, pret gehe en lyk my ook so 'n traantjie weggepik :-). Ek sou darem graag 'n vlieg teen die muur wou wees.
Dankie dat julle die foto's met ons gedeel het!