ILSE
Maritz
Maritz
(Tannie Tossie se kleindogter)
op die 1ste
**************************
MADRE
Dreyer
(Billy se kleindogter)
op die 6 de
**************************
GELUK MET JULLE VERJAARSDAG
HOOP DIS 'N SPESIALE DAG EN SPESIALE JAAR WAT VOORLE
Dis blykbaar 'n jaarlikse gebruik dat die Preuss familie reeds in November hulle Kersfees-partytjie gehou deur Denise hou. Ek's seker dat dit 'n baie spesiale dag propvol herinneringe was. Sekere mense (lees Rene) het belowe om foto's te stuur, maar tot dan, hier is 'n paar wat Ronelle aangestuur het. Dankie daarvoor.
Almal het lekker in die tuine onder sambrele gekuier.
Die Stemmet-susters kuier saam
Tannie Omie, oom Deon, Denise, Hennie gesels met tannie Joy en oom Kowie.
Al die jongste kinders (ongeag die ouderdom) het geskenkies gekry. So sou ek heeltemal uitgemis het.
Twee van die susters met swaers (tannie Ruth was nog aan die herstel na haar operasie)