Soos julle weet bly Renier en Monique (Ronelle & Hennik se dogter) ook hier in die UAE en wel in Dubai. As julle so kyk na die foto's, kan julle sien dat die twee die laaste tydjie soos 'n verkleurmannetjie gereeld van "klere" verander het. :-).
Tydens Monique se onlangse verjaarsdagpartytjie.
In die woestyn soos toeriste en ook as Sheikh Renier en Sheikha Monique.
En by 'n onlangse partytjie
Dit lyk asof hulle die plek geniet, maar ek's seker dat hulle ook die familie by die huis mis.



Hy het ook pa se bike gesien en ek dink daar is beslis 'n liefde daar ook. Ek weet nog nie hoe die oumas daaroor voel nie????
Ma vat hom gereeld buitentoe en ek is nie seker wie dit die meeste geniet nie.
Saterdag het hy sommer in die tuin onder die boom aan die slaap geraak.
Hy's baie opgewonde oor die loopring wat gawe mense hom gegee het.
So groet ons dan tot volgende keer met 'n oulike smile.
