Hier is fotos wat ons op oupa se 77ste Verjaardag geneem het . Ek en Jaco het die nwk vir Oupa en Tannie Ina in Vredendal gaan kuier!
Dit was baie lekker gewees! Tannie Ina het ons bederf met 'n heerlike maaltyd en nagereg. Vir oupa baie bederf. Oupa het baie persente en kuiergaste gekry! Oupa lyk goed, maar die gedagtes dwaal maar soms.. Dit is baie hartseer, maar oupa is steeds die grootste GENTLEMAN wat daar is .. so beleefd soos altyd en vol liefde.
Oupa, altyd tyd vir 'n ou grappie! Oupa is 'n Liewe Dierbare mens en ons hoop hy word nog JARRRRE gespaar vir ons almal. Oupa Gerrit is enig in sy soort. Foeitog, hy praat baie van ouma Tossie en mis haar vreeslik baie .. Ons is so baie lief oupa !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Dis 'n voorreg om so oupa te he en ons hele hart is vol liefde vir en van oupa!!!!!!!!!!!!!!!! Dankie vir die foto's en storie Lindi, ek's seker oupa Gerhard is trots op sy kleinkinders.
Enige iemand wat ons meer van hulle oupa, ouma, ma of pa wil vertel?
Oom Kowie met sy pragtige kleindogter Danae op die strand.
Die kleinding is nou 2 jaartjies (29 maande) oud en die dogter van Celeste en Werner von Molendorf.
Danae saam met Pikkie!
Christa en Ockert (Vermeulen) se seun Milann presteer baie goed in die Marimba en ons sal nogal meer hiervan wil hoor Christa. Hier is die ou besig met een van sy meestersklasse.
Hier is die drie kleinkinders. Ons het laas van klein Kriston gehoor toe sy nog baie klein was . Sy is nou 1 jaar (20 maandjies oud) . Hier is sy by haar nefie en niggie.

Hier is ouma Maxie met haar kosbare kleinkinders.
Christelle en Euan vroeer die jaar by Lambertsbaai. Hierdie kleinseun van jou word darem yslik groot Maxie.
Prinses Maya is net so groot en pragtig.




